14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & LivingMotoring

Motor Rubriek: Mitsubishi Eclipse Cross

Eclipse – die tydelike verduistering van ‘n voorwerp in die ruimte. Dis egter nie waar die nuwe Eclipse Cross sy naam kry nie. Volgens Mitsubishi Motors is die sportskompakte motor vernoem na ‘n Engelse kampioen renperd van die 18de eeu.

In die tydperk tussen 1989 en 2011 het Mitsubishi  4 generasies van die sportskompakte Mitsubishi Eclipse bekend gestel. Die voertuig was hoofsaaklik bemark in Noord Amerika, Oman, Suid Korea, die Filippyne, Brasilië,  Saudi Arabië, Koewait, VAE en Sjiena. Einde van Augustus 2011 is die laaste Mitsubishi Eclipse vervaardig en die model was opgeveil ten bate van liefdadigheid.

In Januarie 2017 kondig Mitsubishi aan dat die Eclipse weer gaan herleef, hierdie keer as ‘n luukse SUV, nou bekend as die Mitsubishi Eclipse Cross. Sportnutsvoertuie is wat die mark deesdae wil hê en die Eclipse Cross was ‘n kits sukses. 80 000 eenhede is in die eerste 12 maande na die internasionale bekendstelling van die hand gesit, ‘n bevestiging van die motor se gewildheid.

In Suid Afrika is die Eclipse Cross nou beskikbaar in beide voorwieltrek sowel as viertrek opsies, beide toegerus met ‘n 6-spoed CVT ratkas (met sportsmodus) gekoppel aan Mitsubishi se 2.0 liter MIVEC petrol enjin. Die kragbron lewer 110kW & 198Nm. Met ‘n grondvryhoogte van 180 mm en ‘n draai sirkel van 5.3 m is die voertuig juis geskik vir ons paaie vandag.

Die binne ruim is gemaklik groot en indrukwekkend toegerus. Die middel konsole huisves ‘n 7” raak-skerm radio met tru-kamera en satellietnavigasie, Apple Car Play en Android koppeling as opsies. Veral indrukwekkend is die vol kleur venster-vertoon tegnologie (HUD) wat jou oë deurentyd op die pad hou.

Die 4×4 model is toegerus met Mitsubishi se “Super All-Wheel Control” (S-AWC) stelsel. S-AWC is ‘n slim tegnologie wat die krag van jou enjin versprei na waar dit nodig is. Die Slim-tegnologie monitor die voertuig se posisie en versprei dan die krag tussen die voorste en agterste wiele, asook tussen linker en regter wiele onderskeidelik. Dieselfde geld vir wanneer die bestuurder skielik moet hard rem. Die stelsel verseker stabiliteit op enige terrein en behoort die keuse te wees vir diegene wat daagliks grondpaaie ry.

Die Eclipse Cross pas in die Mitsubishi model-reeks tussen die ASX en die Outlander in. Die Eclipse Cross is gemik op die aktiewe, jong entrepreneur wat op hoogte is van die nuutste mode tendense, maar tog hul eie unieke stempel in die lewe wil afdruk.

Beide modelle word gedek deur ‘n vervaardigers waarborg van 3-jaar / 100 000 km, ‘n diensplan van 5-jaar / 90 000 km, met diensintervalle van 15 000 km. 5-jaar padbystand is ingesluit.

Related posts

More play, more life

Aa'isha Alexander

Garden Route Conservancy Forum held in Great Brak River

Scott Thomson

MOMENTUM …

Laurinda Smit

#ImStaying

Laurinda Smit

The Youth Café rocked in December!

Jenaide Chippe

BRIDGES … A MEANS OF CONNECTING

Mariëlle Renssen