Verlede jaar doen ek vir die eerste keer ʼn familie Kersfees by my huis. In die tyd voor die geleentheid is ek vasgenael voor Food Network om inspirasie te kry. So kom ek af op ons Suid-Afrikaanse sjef Siba Mtongana se program Siba’s Table en daar is hope inspirasie. Ek het intussen ʼn groot aanhanger geword en gebruik gereeld van haar resepte as inspirasie, maar vir daardie Kersfees het ek toe my oog op haar Tropiese Pavlova. My ouma was baie lief vir pavlova en my tannie was bekend vir hare, hulle het albei reeds weggeval en Siba was my redding. Haar resep (www.cookingchanneltv.com), het net eenvoudig my mond laat water.
Hier volg my eie weergawe van Siba se pavlova, aangepas vir my sak, smaak en beskikbaarheid van produkte:
1 groot gekoopte meringue ring as basis (ek het dit op ʼn ronde skinkbord gesit want nagereg is lekker souserig)
Dubbel-room natuurlike jogurt binne die meringue ring
Laag piesangskyfies in suurlemoen gedoop bo-op die jogurt
Vanilla roomys bolletjies (scoops), bo-op die piesang skyfies om hoogte te gee
ʼn Blik mango- en ʼn blik perskeskywe en vars appelliefies uit my tuin, bo-oor en op die kante van die roomys
2 blikkies mango & grenadella sous bo-oor alles
Strooi amandel- en sonneblom sade oor en rond af met kruisement blare as aksente
Die pavlova word bymekaargesit net voor opdiening en wees gewaarsku, dit word vinniger geëet as wat dit gemaak word!