16 C
Mossel Bay
29th May 2023
Community & LivingHealth & Beauty

’N NUWE JAAR – ‘N NUWE SPEELVELD

Almal van ons het al nuut begin. Nuwe beginne duik ’n paar keer in ’n mens se lewe op. Dalk gaan jou eerste kind grootskool toe volgende jaar. Dalk onthou jy jou eie eerste dag op hoërskool of universiteit. Jou troudag was ’n groot stap tot ’n nuwe begin. Een van die mees betekenisvolle nuwe-begin-oomblikke is die geboorte van ’n kind. ’n Mens onthou vir ewig die dag, die datum, die tyd en die emosie. 

Soms, sommer in die middel van ’n week of ’n maand of ’n fase, het ons die behoefte om nuut te begin. As jou storie jou gevange hou of jou verniel, is dit dalk tyd om waagmoed aan die dag te lê en nuut te begin. Jy mág glo dat jy waardig is om jouself te ontdek, persoonlik te groei en grensloos lief te hê. In Narratiewe Terapie glo ons elke mens is die outeur van sy of haar eie verhaal, begin nuut as dit nodig is, skryf self die volgende hoofstuk van jou outobiografie. Daag jouself uit tot nuwe hoogtes en nuwe uitdagings. Waarop stel jy jou visier?

Die afgelope twee jaar het ons geslyp. Ons het weer die waarde van tyd en konneksies leer ken. Ons het vaardighede soos aanpasbaarheid en uithouvermoë aangeleer. Minimalisme het weer nuwe betekenis gekry en materialisme was van minder belang. Met hierdie mondering draf ons uit op die speelveld van die nuwe jaar. Prediker sê twee is beter as een. Wie vat jy saam op jou reis die toekoms in en vir wie gaan jý ’n steunpilaar wees? Moenie dat vrees of huiwering in jou pad staan nie. Maak reg wat verkeerd is, reguit wat krom is. Loop die nuwe jaar met oop arms tegemoet!

Related posts

How to make happy happen in your brain

Annlerie van Rooyen

CAMDEBOO-BERGE EN KAROOVLAKTES

Christaan Viljoen

Ontmoet Jonkersberg se mense

Laurinda Smit

THE PERIL OF THE FERAL

Scott Thomson

ALGVERWYDERINGSPROJEK IN GROOT-BRAKRIVIER

Marianne Alberts

GEÏMPLISEERDE WAARBORG IN TERME VAN DIE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET

Ruben Maritz