Dit is moeilik om te glo dat dit ons laaste The Post-uitgawe is vir vanjaar. Het die feit dat ons weer mekaar se gesigte en gesigsuitdrukkings sonder die lastige maskers kan sien, bygedra tot die jaar se uurglas wat vinnig leeg begin loop het? Het beter begrip en insig van dít wat oorgedra is omdat ons mekaar makliker kan “lees”, gelei tot tyd wat beter benut is en in die proses het die tempo en ritme van elke dag weer met ons begin weghol?
Desember beteken vir sommige huishoudings wat vol loop, vele voetspore op die strand, kleinkinders en kinders wat uitbundig die branders en ouma en oupa se bederfies geniet, inkoopsentrums wat die jaareinde oes sien groei in getalle en bankbalans. Vir ander is dit ’n tyd van refleksie oor groot en klein genades wat die jaar oor ons pad gebring het. ’n Tyd van oordenking van wat was en wat moontlik in die nuwe jaar anders aangepak sal word.
Hoe dit ook al sy, dit was ’n jaar waarin ons by The Post te alle tye ons beste voet probeer voorsit het wanneer dit kom by die samestelling van die artikel-inhoud, om vir ons adverteerders die nodige blootstelling te gee en om die voorblad sorgvuldig te kies om die oog te vang. Dankie aan elkeen van ons lesers vir die optel, geniet en terugvoering wat ons soms kry. Aan my medewerkers vir julle toegewydheid en vasbyt al was dit nie altyd maklik nie. Aan al die bydraers, adverteerders waarsonder die koerant nie kan bestaan nie en Drukkor, my opregte dank.
The Post is grateful for the grace and kindness which we experienced in this year and would like to wish each and every household a blessed season. May you surround yourself with people who are worthy of your love and time, may you experience inner peace and joy, and share this with those who cross your path.