21.9 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & LivingHealth & Beauty

Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand

Borskanker is die 2de mees algemene tipe kanker in vroue van alle rasse in Suid-Afrika.  Volgens die Nasionale Kanker Register is die risiko vir vroue om borskanker te kry 1 uit 27.

Ouderdom speel ook ‘n rol en 80% van alle gevalle word in vroue bo die ouderdom van 50 gediagnoseer. Mans kan natuurlik ook borskanker kry en word daar gemiddeld 1 man gediagnoseer vir elke 100 vroue wat die diagnose kry.

Die meeste gevalle van borskanker work met behulp van mammogramme gediagnoseer, alhoewel ‘n groot hoeveelheid eerste deur die pasiënt opgetel word. Bevindinge toon dat siftingsmammogramme vroeë behandeling fasiliteer en dus die kanse om te sterf van borskanker verminder.

Huidige mammogramriglyne vir die gemiddelde risikovrou is wêreldwyd dieselfde.  Geen program begin voor die ouderdom van 50 nie en daar is slegs ‘n paar wat ‘n korter as 12-18 maande siftings interval het.  Meeste lande beveel mammogramme aan vanaf ouderdom 50 met ‘n langer siftings interval (24-36 maande).

Dis belangrik om “bors bewus” te wees.  Weet hoe jou borste lyk en voel. Wees op die uitkyk vir enige veranderinge soos ‘n knop, tepelafskeiding, velverandering of verandering in grootte van een bors.

Indien jy bekommerd is of meer vrae het, raadpleeg gerus jou huisarts.

Related posts

HOMMELTUIG-HENGEL (DRONE FISHING) IN DIE TUINROETE

Wouter Van Zyl

WHY DO YOU STICK OUT YOUR TONGUE WHILE CONCENTRATING?

Rachel Funnel

DIE KUNS VAN VERVALDATUMS

Laurinda Smit

GO NATIVE!

Sally Adam

Holiday times!

Wendy Wiles

AMBASSADEUR VIR DIE MUSEFEES, GROOT-BRAKRIVIER

Laurinda Smit