Met ’n vinnige heen-en-weertjie na Namakwaland besef jy weereens dat ons land voorwaar uniek is in alle opsigte.
Vanaf Malmesbury, Velddrif, Klawer, Springbok en laastens Niewoudtville het ons in 5 dae ’n jubelende kleureskouspel gesien. Waar daar slegs 8 maande gelede nog knellende droogtes was, was daar nou oop arms en wye glimlagte om besoekers te verwelkom. Geniet die foto’s en ruik die veld saam met ons.
Foto’s Jan & Heleen Coertze