20 C
Mossel Bay
23rd Mar 2023
Community & LivingFishingNature & NurtureTourism & Travel

OM TE VANG EN LOS TE LAAT?

Of om te vang en te verwyder? Dit is weer tyd vir die vang van baars (Micropterus salmoides en M. dolomieu) en elke jaar word hierdie debat herhaal. Daar is duidelik twee kampe wat in stryd met mekaar verkeer. Die een groep wil jou kruisig as jy deel van die “loslaatgeloof” is. Dieselfde geld vir dié wat deel van die “gebruikgeloof” is.

Die feit is dat Suid-Afrika se varswatersisteme grootliks van vryvloeiende water na opgedamde water verander is. Hierdie kunsmatige mere verleen hulleself aan vis wat by sulke omstandighede aangepas is. Suid-Afrika het van nature in sy riviersisteme min inheemse soorte vis wat hierby aangepas is en toe het die owerhede besluit dat die invoer van baars voordelig behoort te wees. Later het hulle egter hulle wysies weer verander, maar dit is ’n bespreking vir ’n ander dag.

Hierdie populêre hengelvisse onderhou ook ’n gesonde hengelbedryf met al sy ekonomiese vertakkings. Niemand weet tans hoeveel werk direk of indirek daardeur geskep word nie. Ook kan ’n mens nie die geestelike waarde van ontspanning kwantifiseer nie. Dat daar dus voordele is, word nie betwis nie.

Wat bewaringskundiges wel met sekerheid kan sê, is dat kleinbekbaars, ’n spesie wat bergstrome indring, verwyder moet word aangesien dit die kleiner inheemse visspesies in die bolope uitroei. Waar hierdie baars suksesvol verwyder is, is die herstel van die inheemse visbevolking soms dramaties.

Eienaars van baarsdamme wat net die loslaat van vis toelaat, moet bewus gemaak word van die feit dat hulle die kondisie van hulle vis moet dophou om te kan bepaal wanneer die dam oorbevolk raak. As hulle merk dat die kondisie agteruitgaan, moet hulle vir ’n tydperk die verwydering van vis toelaat. ’n Dam wat eers oorbevolk is, is baie moeilik om weer in balans te bring.

Related posts

MULTIPLE TECHNIQUES, SINGULAR BEAUTY

Mariëlle Renssen

HOW DO STRONG MUSCLES KEEP YOUR BRAIN HEALTHY?

Bonnie Tsui

HOMELESS DURING LOCKDOWN

Annemarie le Roux

Waarom probeer ons so hard?

Laurinda Smit

Holiday times!

Wendy Wiles

FOTO FOCUS

Laurinda Smit