16 C
Mossel Bay
26th Sep 2023
Community & Living

Om verantwoordelikheid vir jou aftrede te neem

Volgens ‘n onlangse opname onder afgetredenes moet die meerderheid pensionarisse òf hul uitgawes
aansienlik sny, werk soek om hul inkomste aan te vul, òf op familielede staatmaak vir finansiële
ondersteuning. Vir diesulkes is hul aftrede allermins die goue jare waarop hulle gehoop het.

Hoewel die syfers ontstellend genoeg is, word nogtans geskat dat sowat 90% van die mense wat op die
oomblik in diens is, nie genoeg geld sal hê om gerieflik af te tree nie. Die vernaamste rede is dat mense
deesdae meer dikwels van werk verander en wanneer hulle dit doen, dan hul aftreegeld in kontant laat
omsit.

Sommige mense sal tot sewe keer in die loop van hul werkende lewe van werk verander. Indien hulle slegs 10% van die tyd hul aftreegeld in stand hou, sal die inkomstebedrag wat hulle by aftrede ontvang, sowat 16% van hul finale maand se salaris wees. Op hierdie trant sal hulle sukkel om kop bo water te hou, om van ‘n gerieflike aftrede nie eens te praat nie.

Dit hoef egter nie jou lot te wees as jy nou beheer neem nie: hoe vroeër, hoe beter. Indien jy die
belastingvoordele van aftreespaargeld benut en elke maand, van ouderdom 25 tot en met 65 jaar 15% van jou salaris spaar sonder om ooit die fonds in kontant om te sit, sal jy teen die tyd van jou aftrede genoeg spaargeld hê om vir ‘n gerieflike aftrede voorsiening te maak.

Die pensionarisse wat aan die opname deelgeneem het, het almal dieselfde mening gehad:

Begin vroeër beplan.
Begin vroeër spaar.
Praat vroeër met finansiële adviseurs. Moenie wag tot jy aftree nie.

Daar is altyd ‘n goeie verskoning om nie te begin spaar nie. Wanneer ons begin werk, het ons ‘n motor
nodig om mee werk toe te ry, dan wil ons ‘n huis koop, trou en met ‘n gesin begin. Eers wanneer ons
omtrent 45 jaar oud is, raak die verskonings op en begin ons aan aftrede dink. Teen daardie tyd het ons die geleentheid verspeel om behoorlik vir ons aftrede te voorsien.

Sorg vir die ‘ouer’ jy

Begin om jou aftree-spaargeld as ‘n belasting te beskou: 15% word van jou salaris afgetrek – òf deur jou
werkgewer se aftreefonds òf deur ‘n aftree-annuïteit en jy raak gewoond om daarsonder klaar te kom.
Die geld wat in daardie fonds akkumuleer, is vir die ‘ouer’ jy, nie om ‘n motor te koop of skuld af te betaal nie.

Wanneer jy dan gerieflik aftree en nie ingrypende lewenstyl-veranderinge hoef te maak of in jou kind se
gastekamer moet tuisgaan nie, sal jy die ‘jonger’ jy bedank wat aan al jou toekomstige behoeftes gedink het.

Related posts

DIE VROUE ORGANISASIE IN VANDAG SE DAE

Lydie Terblanche

OH, FICUS!  

Michaela James

THE BEAUTY OF OUR FLORA

Janine Pereira

LIFE WITHOUT INTERNET: NIGHTMARE OR BLESSING?

Our Friends

Water Water Everywhere- and Nowhere!

Mike Holland

HARNESSING THE HEALING POWER OF INDIGENOUS MEDICINAL PLANTS

Roxanne Joubert