21 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & LivingGardeningGeneral knowledgeNature & Nurture

PAMPASGRAS

Pampasgras, Cortaderia selloana, is ’n Suid-Amerikaanse grassoort wat in baie lande van die wêreld indringerstatus het. Dit is in ons land as ’n Kategorie 1b-indringer verklaar. Dit beteken dat hierdie plant op eiendom beheer moet word. Alhoewel die definisie van “beheer” baie probleme kan skep, is die doel van die wetgewer verseker dat die plant ongewens is en uitgeroei behoort te word.

Wanneer ’n mens deur die Tuinroete ry, is dit opmerklik hoeveel van hierdie plante veral op openbare grond voorkom. Wat sake met die beheer hiervan vererger, is dat daar vrystelling gegee word aan saadlose en steriele plante. Hoe moet die arme toepassers van die wet nie wonder oor plante wat in tuine voorkom nie? Is hulle vrygestel of nie? Plante wat in die veld voorkom, is beslis indringers omdat die saad deur die wind aangewaai was en hulle moet verwyder word.

Wat sake verder kompliseer, is die modegier om pluime by feeste en troues te gebruik. Dít veroorsaak dat die handel in pluime van krag tot krag gaan. Gaan kyk gerus op die internet na plaaslike webtuistes wat dit adverteer. Hulle sal dit vir jou gaan pluk, verpak en koerier. Die pryse wat hierdie handelaars vra, is ook buitensporig. Waar is die owerhede? Hulle moet tog bewus wees van die handel in hierdie produk? Plante wat gelys is se pluime, sade, vrugte ens. mag nie versprei word nie.

Ek wil ’n lansie breek vir bewaringsgroepe soos die Groot-Brakrivier Bewarea wat wel besig is om werk van hierdie saak te maak. Die foto toon hoe volop pampasgras eers was in die vallei na die Wolwedansdam in Groot-Brakrivier, maar groot sukses is reeds met die uitroeiing daarvan behaal.

Let asseblief daarop dat hierdie plant se saad hoofsaaklik deur die wind versprei word. Eiendomme kan dus vanaf buurgrond besmet word.

Geregistreerde glifosaatprodukte is beskikbaar vir die bekamping van hierdie probleem. Maak gerus ook saam met u bewaringsgroep werk van hierdie aangeleentheid.

Google gerus die volgende vir meer inligting hieroor: https://www.environment.co.za/weeds-invaders-alien-vegetation/alien-invasive-plants-list-for-south-africa.html

Related posts

SLEGS SKAKERINGS VAN GRYS?

Madelein Campher

AGRICULTURE – HOW LONG HAS IT BEEN AROUND?

Lydie Terblanche

WIE IS WETTIG DAARTOE GEREGTIG OM ’N BESTORWE BOEDEL TE BEREDDER?

Kelly Fourie-Barnard

NECTAR IN THE GARDEN

Christaan Viljoen

PETROVNA METELERKAMP KOM GESELS MET GROOT BRAK LEESKRING

Laurinda Smit

VAN GIVERNY TOT GROOT-BRAK

Linda Meyer