14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Arts & CultureCommunity & LivingEvents & Entertainment

PETROVNA METELERKAMP KOM GESELS MET GROOT BRAK LEESKRING

Petrovna Metelerkamp,  bekende skryfster en stigter van Hemel en See Boeke, het Groot Brak Leeskring op 13 Maart kom besoek.  Sy het haar boek, “Ingrid Jonker –  ‘n biografie”  wat verlede jaar April in samewerking met Penguin Random House  gepubliseer is, kom bekendstel.  Petrovna het reeds twee biografiese boeke oor die lewe van Ingrid Jonker die lig laat sien en dié derde, omvangryke biografie, span voorwaar die kroon op jare se intense speurwerk en navorsing.

Ingrid Jonker, die  begaafde jong digter wat op 19 Julie 1965 in die see by Drieankerbaai verdrink het, het gedurende die afgelope 50 jaar ikoniese status in die Suid-Afrikaanse letterkende verwerf. Sy het as’t ware wêreldwyd  in die publieke oog gekom nadat oudpresident Nelson Mandela gedurende sy inhuldigingsrede in 1994 haar gedig ” Die Kind” voorgelees het: Heelwat van haar gedigte is sederdien getoonset en boeke oor haar lewe  tot  in Turks en Albanies vertaal!

Volgens Petrovna is die totale onopgesmuktheid in Jonker se gedigte, sonder enige slimmigheid en diep uit die hart, dít wat Metelerkamp so bekoor in die jong skryfster se werk. Metelerkamp bring in   hierdie werk  nuwe inligting wat sy neem uit onbekende briewe, dagboekinskrywings en onderhoude  met mense wat Jonker geken het  saam in die grootste werk tot nou toe oor een van Suid-Afrika se mees aangrypende kunstenaars.

Die Muses was weer eens teenwoordig dié mooi herfsoggend toe Petrovna Metelerkamp,  skrywer, publiseerder, radio omroeper en joernalis wie se werke in tydskrifte soos  Huisgenoot en  Insig verskyn het, in die mooie Art@39Long Kunsgalery opgetree het.

Related posts

’N NUWE JAAR – ‘N NUWE SPEELVELD

Elize Barnardt

LIG EN LAF!

Laurinda Smit

Alhambra, Granada: an Assault on the Senses

Mariëlle Renssen

RETURNING TO HIS ROOTS – PEPERBOOM’S NEW CHEF OWNER

Annlerie van Rooyen

FROM BEACH TO MILL

Mariëlle Renssen

GEÏMPLISEERDE WAARBORG IN TERME VAN DIE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET

Ruben Maritz