Carmel Treurnicht, ‘n plaaslike inwoner van Groot Brakrivier is op 20 Junie 2019 tydens die All Ages Netbaltoernooi in Boksburg gekies tot die o/17 SA Protea Netbalspan.
Sy het reeds in Graad 2 begin netbal speel en is tans ‘n Graad 11- leerling by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Die spelers sal nog in kennis gestel word wanneer oefenkampe sal plaasvind, maar die hoofoogmerk is om volgende jaar in Mei/Junie die internasionale toernooi waar Suid-Afrika die gasheerland sal wees, te wen. Sy wil eendag graag vir die Spar Proteas speel en droom om in 2023 vir Suid-Afrika aan die Netbal Wêreldbeker deel te neem. Carmel wil na haar skoolloopbaan Onderwys studeer en ook ‘n netbalafrigter word.
Baie geluk Carmel. Groot Brak is trots op jou prestasie!

previous post