16 C
Mossel Bay
26th Sep 2023
Community & LivingNature & Nurture

Pragtige vars gesnyde blomme

“Flowers always make people better, happier and more helpful; they are sunshine, food and medicine to the soul.”
Luther Burbank

‘n Pragtige bos blomme kan langer blom as daar goed daarna gekyk word. Om dit reg te kry verg nie veel moeite nie.

‘n Paar wenke om te verseker dat die blomme wat aangekoop word langer hou:
• Gooi elke tweede dag vars water in. Die mees algemene oorsaak van blomme wat binne ‘n paar dae hang, is die bakterieë
wat in die water groei.
• Dit is ook ‘n goeie idee om ‘n teelepel bleikmiddel in die water te gooi; dit vertraag die groei van bakterieë in die
water.
• Maak seker alle blare onder die waterlyn is verwyder.
• Sny ‘n sentimeter of twee van die steel af wanneer die water vervang word, dit verseker dat die blomme die vars water
kan geniet. Veral Rose kan heelwat langer hou indien dit gedoen word.

Praat gerus met jou plaaslike bloemis oor watter blomme in seisoen en plaaslik beskikbaar is om u huis te versier vir Kersfees of bloot vir kuiergaste die vakansie seisoen.

Blomme vir Troues:
Die internet het die pragtigste blommerangskikkings en bruide maak dikwels gebruik van hierdie foto’s om idees te kry en hul ruikers te kies. Die grootste uitdaging hier is egter om die spesifieke blomme te kry, wat dalk nie in seisoen is nie of nie op plaaslike plase en markte beskikbaar is nie. Dikwels is dit eenvoudig net ongelooflik duur.
Proteas is nie geredelik beskikbaar vanaf Desember tot Maart nie. Daar is egter wonderlike alternatiewe vir proteas.
Kontak gerus u plaaslike bloemis voor u ‘n besluit maak oor watter blomme u vir u troue wil gebruik.
Blomme vir ‘n troue sluit in; ruikers, skouerruikers, vars of gedroogde blare, hetsy vir die kerkgang of as confetti. Gedroogde blomme word selfs gebruik as kunstige rangskikkings vir die tafels. Blomme is ‘n sleutel komponent van enige troue. Dit gee kleur, tekstuur en dra by tot die atmosfeer van ‘n troue. Die gebruik van blomme by ‘n troue is ‘n vorm van uitdrukking en ‘n element van ontwerp.

Related posts

DEEL VAN ’N GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

FOREST BATHING

Michele Fan

THE PERIL OF THE FERAL

Scott Thomson

YEAR OF THE RABBIT

Scott Thomson

AGS woeker al 21 jaar deur God se Genade in Groot-Brakrivier

Laurinda Smit

NUWE WETSONTWERP OP EIENDOMSPRAKTISYNS EN VERPLIGTE GETROUHEIDSFONDSSERTIFIKAAT

Lorandi Van der Merwe