21.9 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & Living

PRAKTIESE PROBLEME MET DIE AFSTERWE VAN ’N MAAT

COVID-19 het ons in 2020 getref soos ’n tsunami en ’n vlaag van verwoesting veroorsaak. Nuwe boedels het ingestroom en mense het angstig besef dat hul testamente in orde moet wees. Tegniese probleme buite boedelberedderaars se beheer het tot vertragings en frustrasies aanleiding gegee. Die inwerkingtreding van die nuwe POPI-wet het sake verder bemoeilik.

Aan die begin van 2021 het die Staatskoerant vir ongeveer 5 maande probleme met hul rekenaarstelsel gehad. Geen van die twee verpligte advertensies in boedels kon geplaas word nie.

Vanaf 07/09/2021 het die Departement van Justisie, wat insluit die Meesterskantoor, soortgelyke probleme met hul rekenaarstelsel ondervind. Geen eksekuteursbriewe en/of Magtigingsbriewe is sedertdien uitgereik nie. Gelukkig is die probleem nou uitgesorteer.

In gevalle waar eksekuteursbriewe en/of Magtigingsbriewe voor 07/09/2021 uitgereik is, kon daar geen vordering gemaak word om geld in die oorledene se bankrekening op te eis en aan die boedel oor te betaal nie. Die banke volg almal dieselfde praktyk waar hulle die korrektheid van die besonderhede op die eksekuteursbrief elektronies verifieer met die inligting op die Meester se webblad.

Hier is ’n paar rigtingwysers:

  1. Die uitsorteer van ’n oorledene se mediese fonds en pensioenfonds vorm nie deel van die boedelberedderingsproses nie en moet deur die familie self hanteer word. 
  2. Langslewende gades maak asb. seker dat u inkomstebelastingnommer aktief is voordat u die eis vir gadepensioen indien.
  3. As die oorledene die hooflid van ’n mediese fonds was, moet u seker maak wat die vereistes van die spesifieke fonds is om lidmaatskapsveranderinge te maak. Die oorgrote meerderheid mediese fondse kanselleer tans die lidmaatskap by aanmelding van die hooflid se afsterwe. Die afhanklike (normaalweg die langslewende gade) moet heraansoek doen vir lidmaatskap en ’n nuwe lidnommer word toegeken.
  4. Lede van die Staatspensioenfonds, GEPF, moet die oorspronklike eisdokumente vir gadepensioen per koerier stuur na die volgende adres: Pensions Building, 34 Hamilton Street, Arcadia, Pretoria, 0001. Dokumente wat per geregistreerde pos gestuur word, word bloot net nie afgehaal by die poskantoor nie. Die amptelike vorms wat die aansoek moet vergesel is Z143 en Z894. Die Z583 word voltooi waar aansoek gedoen word vir die voortsetting van mediese subsidie. Al hierdie vorms kan afgelaai word by www.gepf.gov.za.
  5. Die meeste GEPF-lede en hul gades kwalifiseer vir ’n eenmalige R15 000 begrafnisvoordeel. Die amptelike aansoekvorm hiervoor is Z300 tesame met ’n Z894. Die aansoek kan gefaks word na 012-319 3655 of per epos gestuur word na funeralclaims@gpaa.gov.za.
  6. Voertuiglisensies kan wel hernu word voordat die eksekuteursbrief uitgereik is. Vra u boedelberedderaar vir ’n amptelike brief om te bevestig dat die boedel in proses is. Voertuie kan nie verkoop of oorgedra word na die naam van ’n ander persoon sonder die eksekuteursbrief nie.

Related posts

CAN YOUR MIND BOOST YOUR IMMUNE SYSTEM?

Debbie Hampton

HOW DO STRONG MUSCLES KEEP YOUR BRAIN HEALTHY?

Bonnie Tsui

RENEWAL OF THE DAWN CHORUS

Christaan Viljoen

SPIRAL WALK IN GREAT BRAK RIVER

Annlerie van Rooyen

Oil Rigs are becoming Marine Skyscrapers

Wendy Wiles

WINDE VAN VERANDERING! TYD OM TE BESIN!

Wilhelm de Wet