15 C
Mossel Bay
12th Aug 2022
Children's well-beingCommunity & LivingParentingRelationships

RUSTIG …

Diesulkes wat my ken, weet ek het maar ’n ongedurigheid wat sosiale media-“besoedeling” betref, alhoewel ek die eerste een is wat waardering kan uitspreek vir dít wat af en toe ’n buiging regverdig. Ek ontvang juis so ’n juweel waar die oudste van twee dogters voorgaan in gebed. Naas die intreewoorde van Liewe Jesus, bid sy: “Maak my pappa en my sussie en mamma rustig, rustig, rustig …” Die handgebare wat hiermee gepaard gaan, lyk kompleet soos Moses wat met sy staf die see slaan om ’n pad te baan. So word die woorde weer herhaal aan die einde van die gebed toe sy haarself insluit by die rustig-rustige situasie. Wat my die meeste getref het van die onskuldige, opregte kindergebed is iets wat elkeen van ons juis so nodig het te midde van die oënskynlike “chaos” in en om ons. Wees en word rustig, vind ’n goue middeweg vir jouself en jou eie behoud – elkeen van ons is dit aan onsself verskuldig.

Met die April-uitgawe vier The Post sy sesde verjaarsdag in sy huidige formaat. Dankie aan elkeen van ons lesers, adverteerders, vrywillige skrywers van artikels uit die gemeenskap, Hans, Eric en die Drukkor-span, en laaste maar beslis nie die minste nie, Annlerie en Lindie. Dit is en bly ’n voorreg om elke maand met nuwe ywer aan elke kopie te werk wat so hartlik ontvang word.

Related posts

Sands of time; coastal change in Mossel Bay.

Dr Errol Wiles

MARTELIZE BRINK TO PARTICIPATE IN THE 2019 OCC

Mimi Finestone

PUFFER FISH DIE OFF!

Wendy Wiles

‘n Wit Olifant

Laurinda Smit

GROOT-BRAK BEWAREA MAAK DORP SKOON

Louis Raubenheimer

BEMEESTER MEDEMENSLIKHEID

Elize Barnardt