Daar het op 24 Februarie ‘n Dwerg sperm walvis (Kogia breviceps) by Boggomsbaai, gestrand. Lede van die publiek het die dier probeer terugplaas in die water, maar ongelukkig was die pogings telke male sonder sukses en die walvis het gedurende die nag gesterf.
Dwerg spermwalvisse eet meestal krappe, seekatte en inkvisse. Hulle duik diep en tot 1000voet is al aangeteken. Hulle sorteer onder die getande walvisse. Die naam spermwalvis is afkomstig van ‘n wasagtige semi vloeistof soos sperm wat in die koppe van die diere voorkom. Die grootste oorsaak van die dood van hierdie diere die afgelope paar jaar is plastiese afval wat in hulle spysverteringsstelsels gevind is. ‘n Ander oorsaak van dood is botsing met bote. Hulle is relatief klein en word nie maklik op die oop see gesien nie. Seismiese en mensgemaakte geraas, veral die van die gas en olie industrie, is ook rede vir strandings.
Daar is ‘n volledige stel data monsters van die wyfie geneem en tydens die versameling van data, het hulle besef dat sy ‘n ongebore kalf gehad het. Die perfekte klein kalfie is verwyder ,maar was ongelukkig ook reeds dood. Die volwasse wyfie was 2.66m lank en die van die kalfie 1.2m.
Die publiek word weer eens versoek om asseblief nie gestrande walvisse of dolfyne in die water te probeer terug plaas nie. Kontak asseblief die deskundiges om dit te doen. Die betrokkenheid by alle gestrande mariene diere is onderhewig aan streng protokol en wetgewing.
Kontak gerus S.M.A.R.T by 072 227 4715 indien u enige mariene dier of seeskilpad op die strand vind.
Fotos is geneem deur Rene Hodges.