23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & Living

SKATTE VIR JOU HARTSKAMER

So met die wintermaande wat nader sluip, verg alles ’n bietjie meer dissipline, maar steeds tree ons fietsrygroepie getrou aan, gepantser in langbroeke, warm langmou-bostukke, wolkouse en handskoene as beskerming teen die koue oggendbries. Die heel lekkerste van die weeklikse fietsry-uitstappies is die onderwerpe wat onder bespreking kom. So gesels ek en my vorige kollega en jarelange fietsryvriendin die oggend oor ’n trousseaukis en of sy een gehad het. Sy vertel dat hul drie dogters is en nie soseer ’n trousseaukis gehad het nie, maar dat die familie-erfstukke wel oorgedra is van oudste tot jongste en dat elkeen sy regmatige porsie gekry het. Nooit het die gedagte om trousseau bymekaar te maak ooit by my opgekom nie – ek was seker te besig om my graad klaar te maak om  te begin skoolhou. Trousseau en trou was beslis nie nommer een op my te doenlys nie – ek wou veel eerder die hardloop-, fietsry- en staptogte aanpak.

Dit is nou baie seisoene later. Ek het intussen geleer dat dit wat jy in jou trousseaukis of enige ander koffer of trommel pak heelwat verskil namate jy ouer raak. Met gesag kan ek nie praat oor die pad vorentoe se oppak en inpak nie, maar wat ek wel weet, is dat my trommels al hoe kleiner en ligter word. En dat die kosbaarste skatte wat jy kan inpak altyd gemaklik in jou hartskamer sal pas.

Related posts

REIS NA DIE ONBEKENDE

Antoinette le Roux

MAINTAIN HAEMOGLOBIN (IRON) LEVELS THE NATURAL WAY

Craig Hicks

A DIFFERENT FACE OF PICASSO

Mariëlle Renssen

Winter time saviours

Heleen Coertze

CYCLING TRAILS IN SWELLENDAM

Fleur van Eeden

‘TIS THE SEASON FOR CYCLING

Mariëlle Renssen