20 C
Mossel Bay
22nd Feb 2019
Nature & Nurture Uncategorised

Skobbejakke beroof die Natuur van sy Skoonheid

Willie Wentzel van Outeniquastrand beoefen sy stokperdjie op digte aangrensende grond wat hy jare gelede by die munisipaliteit aangekoop het. Met n boomryke klofie waardeur water na reënbuie stroom is dit ideaal vir die vestiging van clivias. Maar ongelukkig het dit ook ‘n Utopia vir plantdiewe geword, want hul kan ongemerk uit vier kante toeslaan met die spoorlyn as hul gunsteling roete. Die laaste twee jaar is reeds meer as 2500 clivias gesteel. Teenmaatrëels soos doring en lemmetjiesdrade, kameras, strale, skerp ligte, wagte, spykerplanke en verspreiding van pamflette waar belonings aangebied word, is getref.
Dit is duidelik dat die diewe kenners is van clivias, want hul steel net sy beste plante. Sy twee cliviahuisies is verskeie kere oopgebreek om by sy skouwenners uit te kom. Die volgehoue diefstal van sy clivias die afgelope twee jaar het meegebring dat Willie besluit het om handdoek in te gooi en van al sy plante ontslae te raak. Sy plante word nou teen halfprys en minder aangebied.
Hy kan geskakel word by 044-8791275 of 073-6069635

Related posts

Boek Resensie – RETOER

Annlerie van Rooyen

‘n Pragtige Groot-Brakrivier staproete is weer begaanbaar om te geniet     

Louis de Wet

Duck Diversity

Scott Thomson

Smoke on the Water

Matthew Thorpe

Kingfishers

Sally Adam

All-time favourite plants along the Garden Route

Lydie Terblanche

Leave a Comment