23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & LivingNature & Nurture

SOMER NEIGINGS- BEWEEG VAN BINNE NA BUITE TOE

Die nuutste interieur neiging is om dieselfde aandag aan buite kuier areas  as binne spasies te spandeer.”Outdoor homing” is die nuutste term om huislike spasies buite te skep. Volg die volgende wenke en skep ‘n buite lushof dié somer.

1. Begin deur die grootste  sit-oppervlaktes, soos  ‘n gemaklike patio stel, in neutrale materiaal, wat bestand is teen die elemente,  oor te trek.

2.  Tel aksent kleure van binne op en en bring dieselfde kleurpalet na buite. Gebruik  interessante, gewilde buite temas,  bv.botaniese en diere motiewe op  los kussings en suggereer daarmee speelsheid. (Lieflike veer motiewe en apies wat aan takke rondhang is steeds gewild!)  Ekstra sitplek word maklik  deur ‘n ottoman in olifant materiaal  of selfs blink slangvel  ingebring.  Bring ook  aksente in deur  ligte “throws” (sagte komberse) en helder dekor artikels soos kershouers  of oorgroot  planthouers  voor te stel.

3.  ‘n Vertikale tuinmuur skep ‘n heerlike woud atmosfeer – plant kleurige aarbeie, vallende tamaties en selfs slaai variante vir ‘n botaniese atmosfeer.

4. Belê in die nuutste opwindende buite matte wat jou meubels as’t ware anker.  Deur “zoning” word areas gedefinieer en onderskei deur ‘n buite mat by die kuier gedeelte te plaas.

5. Belê gerus in een hangmat êrens in ‘n hoek  by die kuierarea wat  lang lui somerdae suggereer.

6.  Behandel jou buite-kuier area nes binne; verf ‘n antieke kas en bêre  bv.los kussings, glase en  braaitange  hierin vir ‘n netjiese  en funksionele voorkoms.

7. Somertyd is vuurmaak -en braaityd – sorg vir genoeg lig  by die braaiarea   asook  verskuifbare buite ligte in die tuin wat met sonkrag funksioneer.

Related posts

NSRI Station 15 Mossel Bay passionate about sea rescues – Part 2

Laurinda Smit

THE WILD SPACES IN YOUR OWN BACKYARD

Mariëlle Renssen

Cape furs seal facts

Tersia Marais

Safety tips to bear in mind this summer

Craig Lambinon

Attitude determines future

Scott Thomson

TAKE THE TIME TO MAKE A CLOCK

Andrea van Eeden