18.7 C
Mossel Bay
29th November 2023
Community & LivingNews

T-DAG – VOORSORGFONDSLEDE MOET KENNIS NEEM

Die jongste Wysigingswetsontwerp op Belastingwette het onlangs in werking getree. Die wetgewing, bekend as T-dag, beheer die aftreefondsbedryf en is daarop gemik om Suid-Afrikaners te help om genoeg vir hul aftrede te spaar deur te verseker dat hul spaargeld beskerm is.

Mfana Mnisi, Beleggingsfonds-spesialis by Sanlam Spaar, wys daarop dat slegs 10% van Suid-Afrikaners genoeg spaar vir aftrede, en dat die bedryf daarom maniere moet kry om by die veranderings in wetgewing aan te pas en verder te ontwikkel.

“Voor 1 Maart 2021 kon Suid-Afrikaners wat in ’n voorsorgfonds gespaar het, hul volle spaarvoordeel by aftrede as ’n enkelbedrag neem. Dit het beteken dat hulle maklik in die versoeking kon kom om vinnig hul aftreekapitaal uit te put,” verduidelik Mnisi. “Die annuïtiseringsvereiste was nog altyd op uittree-annuïteite en pensioenfondse van toepassing, maar word nou uitgebrei na voorsorgfondse.” En dít, sê hy, sal die kanse aansienlik verbeter dat lede van voorsorgfondse met waardigheid kan aftree, en dat hulle ná hul aftrede minder op die staat of familielede hoef staat te maak.

Wat onttrekking by emigrasie betref, is lede van uittree-annuïteitsfondse nou onderhewig aan ’n wagtydperk van drie jaar voordat hulle hul fondsvoordele kan onttrek, maar die presiese vereistes van die nuwe proses is nog nie bekend nie.

Mnisi sê Suid-Afrikaners moet verstaan dat die einddoel van die aftreehervormings is om as aansporing te dien vir groter aftreespaarpogings en beter aftree-uitkomste oor die lang termyn. Die opheffing van belasting op sekere aftreeprodukte en die uitbreiding van belastingaftrekkings na voorsorgfondslede toon dat die regering bereid is om beduidende belastinginkomste prys te gee, om mense te help om vir aftrede te spaar. “Dit is ’n geweldig groot verbintenis van die regering se kant. Dit is nie daarop gemik om aftreefondse te ‘nasionaliseer’ nie. Op die lang duur sal dit die regering groter kapasiteit gee om fiskale hulpbronne op ekonomiese groeiprojekte toe te spits,” is Mnisi se slotsom.

https://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/t-dag-voorsorgfondslede-moet-kennis-neem.aspx?utm_source=mailer&utm

Related posts

GET CREATIVE!

Cathy Fourie

Pasop vir Woef!

Wilhelm de Wet

MULTIPLE TECHNIQUES, SINGULAR BEAUTY

Mariëlle Renssen

Die Storie van die Bul en die Beer

Des Sinclair

VOËLKYK TUSSEN DIE GROOTVOETE

Christaan Viljoen

CARE FOR OUR COAST

Scott Thomson