Johann van Tonder is ‘n boorling van George met ‘n groot liefde vir die Suid Kaap, sy natuur en geskiedenis. As redakteur, joernalis, radio persoonlikheid en storieverteller leef hy hom uit in die wêreld van motors en motorfietse en bevind homself gereeld in verskillende dele van die land op die nuutste motor en motorfiets bekendstellings. Onder die vaandel Trailrider Media verskaf hy motor en motorfiets verwante inhoud aan koerante, tydskrifte en verskeie radiostasies.
Johann is ‘n lid van die Gilde vir Motorjoernaliste en is onlangs hoog aangeskryf by die Gilde Toekennings as Motorjoernalis van die Jaar (Koerante), die Wenner Motorfiets Joernalis van die Jaar (Koerante), het tweede plek behaal vir beide Motors en Motorfietse as Radio Joernalis van die Jaar en het die prys as Motorfiets Joernalis van die Jaar (algeheel, alle platforms) in 2017 gewen.
Wanneer hy tuis is verken hy graag die area se agterpaaie op sy ysterperd op soek na nuwe stories en verhale vir sy reis blog. Ook die blog was al ‘n finalis vir beste reisblog van die jaar.
Ons kan nie wag vir interessante motor en motorfietsartikels uit sy pen!