16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & LivingHealth & Beauty

TIENERS IN KONTEKS

Dr. Daniel J. Siegel se handmodel verduidelik die werking van die brein mooi.

Maak ’n vuis met jou duim onder jou vingers ingevou. Die binneste gedeelte van jou hand is die limbiese gedeelte waar emosies en herinneringe gestoor word. Jou duim is die amagdala (100% ontwikkel by geboorte) wat die liggaam se alarmstelsel is vir veg, vlug of vries. Die agterste gedeelte van jou hand is hoe jy die buitewêreld waarneem. Die boonste gedeelte is jou dinkbrein. Voor by jou kneukels is waar emosionele konneksie met mense plaasvind. Jou vingerpunte is die prefrontale korteks wat emosies en impulsiwiteit beheer. Hierdie deel van die brein se ontwikkelling is eers op ouderdom 25-30 jaar voltooi. Dit is ook bekend as die “CEO” van die brein.

Die amagdala se werk tydens die tienerjare is om die tiener veilig te hou totdat die prefrontale korteks volledig ontwikkel is. Tieners is perfek ontwerp om te doen wat hulle moet doen wanneer hulle dit moet doen sodat hulle in gesonde, funksionele volwassenes kan ontwikkel. Ongelukkig en ontwetend werk ouers teen hierdie natuurlike ontwikkeling. Die verandering in die tiener se brein het ’n invloed op sy optrede. Ouer-tiener-verhoudings kry seer omdat ouers hul tieners as rebels en disrespekvol beleef.

Tieners se amagdalas “ontplof” baie gedurende die hoërskooljare. Emosies soos angs, bekommernis, stres en skaamte laat ook die tiener se amagdala “ontplof”. Skade in die ouer-tiener-verhouding gebeur wanneer die tiener en die ouer se amagdalas terselfdertyd “ontplof”. Die liggaam skei adrenalien af, die hartklop versnel, die bloeddruk verhoog, empatie verlaag, rasionaliteit verlaag, jy hoor niks nie en die persoon voor jou word ’n opponent. Die amagdala onderskei nie tussen ware en vals gevare nie.

Die tiener se reis na onafhanlkikheid is om te leer om hul emosies te beheer. Die behoefte om in die hoërskool saam met vriende te kuier is noodsaaklik omdat tieners se portuurgroep die mense is saam met wie hulle eendag ’n nuwe lewe gaan aandurf.

Tieners sal op 12/13-jarige ouderdom van die ouers begin wegtrek, hulle eie identiteit begin ontwikkel, dinge op hul manier begin doen en meer tyd saam met vriende wil spandeer. Dit berei hul voor om later die huis te verlaat, iemand van ’n ander familie te ontmoet en ’n verhouding te begin.

Die kundiges sê nie verniet dat die verhouding tussen ouers en tieners meer gaan oor die manier waarop ouers reageer as oor die tiener se optrede nie!

Related posts

PROPER SPECTACLE CARE

Martin Botha

MAY A MUSE GUIDE YOU

Lydie Terblanche

REGSHULP MET ’N EIS TEEN DIE PADONGELUKKEFONDS

Erika Oosthuizen

GEEN WYN VIR ’N WEEK NIE

Lydie Terblanche

WHAT IS GAP COVER?

Leon Oosthuizen

Why should I try to establish “flow” as a daily habit?

Dr Andrè Botha