Dis tyd om ‘n nuwe blaadjie om te slaan
Die Great Brak Post, soos baie lesers dit ken, is al getrou elke maand vir 11 jaar gratis op die rakke. Ons is bekend vir lekker interessante leesstof en opbouende positiewe nuus. En so sal dit bly.
The time has come to spread our wings and expand our readership and advertisers from George with a “stop over” at Great Brak River heading for Mossel Bay. As from the 1st of October you will find us on the shelves as THE POST.
Hierdie besluit het soos alle transformasies nie sonder meet en pas gegaan nie. En wanneer daar tussen drie unieke persoonlikhede om die tafel beraadslag word, brand die laatnag olielamp, geduldig en die koffie pot bly vol.
Dit was duidelik dat daar ʼn groot behoefte is om meer goeie en opbouende lekkerlees nuuswaardighede aan ‘n breër lesertal te bring. Hierdie is een van die hoekstene van die koerant. Meer individue is bereid om hul kennis, ondervinding en entrepreneurskap met die koerant te deel. Adverteerders, huidiges en toekomstiges, wat waarde vir geld wil kry, was alles bydraende faktore tot die naamsverandering.
Waar kom ons vandaan?
Ons kan nie die toekoms ingaan sonder om vir ‘n oomblik na die verlede te kyk nie.
Hierdie gedaanteverwisseling is alleenlik suksesvol danksy die fondasie wat gelê is deur Marji Morkel. En alhoewel sy die afgelope drie jaar nie meer ʼn inwoner van Groot Brak Rivier is nie, volg sy steeds die koerant op sosiale media.
The first issue of the Groot Brak Post was in March 2006. It was a 12 page newspaper in black & white (B&W). With the 3rd birthday in March 2009, the name changed to Great Brak Post and some spot colours were introduced at the time. In March 2015 full colour pages for the cover and back pages was introduced.
The current team took over the newspaper in April 2016 and in May we started with the teaser banner under the name. We are now at 20 pages and 12 full colour and 8 B&W.
Waarheen is ons oppad?
Ons kan nie wag om ons lesers aan nuwe temas bekend te stel nie en natuurlik, soos altyd, met ‘n goeie balans tussen Afrikaans en Engels. Daar word gestreef na groter diversiteit in die samestelling van die inhoud wanneer dit kom by artikels. ‘n Goeie balans tussen die gedrukte harde kopie en die ontwikkeling van ons elektroniese platforms is ook in die pyplyn. Op hierdie wyse kan ons die adverteerders, wat die bloedlyn van die koerant is, verder ondersteun en sterk vennootskappe bou.
We as a team strongly believe that the need to broaden our readership and advertising base will assure our future as a local community newspaper. We do need to widen our reach though. Distribution points will increase in Mossel Bay and George. In our next edition we will announce the various distribution points to make it easier for everyone to get their copy.
Ons wil toekoms gerig en volhoubaar bly sonder om ons onafhanklikheid of die uniekheid van dit wat ons bied, prys te gee.
Ons bedank almal wat hierdie koerant help vorm en bou het om sodoende ‘n goeie reputasie kon vestig. Terselfdertyd is ons egter nie blind vir ons foute nie, en nog minder vir die spelfoute, drukfoute en tekortkomings nie. Hierdie dui op ons menslikheid, veral wanneer in ag geneem word dat nie een van die drie lede tans enige gedrukte media agtergrond het nie.
Thank you for your support over all these years and we look forward to continued support going boldly into the future.
Daar is geen twyfel dat hierdie nuwe blaadjie wat omgeslaan word, met dieselfde entoesiasme en ondersteuning as in die verlede begroet sal word. En daar is meer… die koerant bly gratis.