Iemand wat ek goed ken, het onlangs by die oorgang duskant die spoorlyn langs OpiSpoor Pub oppad na Pienaarstrand ‘n aankomende bakkie misgekyk en byna ‘n groot ongeluk veroorsaak. Gelukkig was die skade gering en het niemand seergekry nie. Maar daar is baie verhale met ‘n slegter einde…….
My oudste broer se dogter het ongeveer 20 jaar gelede ‘n kwadrupleeg geword na ‘n motorongeluk. Die mediese koste, rolstoele, oppassers en verlies aan inkomste beloop miljoene en kan nie slegs deur ‘n mediese fonds gedra word nie.
My vrou het in 1996 haar nek gebreek in ‘n motorongeluk en ten volle herstel. In 1999 het sy leukemie gekry en dit ook oorwin. As sy toe maar die belangrikheid van Traumadekking verstaan het….
Dit is hier waar Traumadekking uiters handig te pas kom. Dr Marius Barnard, broer van die bekende hartchirurg Chris, het ongeveer 30 jaar gelede ‘n versekeraar genader om die finansiële impak op sy pasiënte te verduidelik wat wel herstel het na groot voorvalle. Die versekeraar het geluister en die eerste Gevreesde Siekte- of Traumadekking bekend gestel.
Hoekom?
Hierdie voordeel verskaf dekking in die vorm van ‘n Enkelbedrag wanneer ‘n siekte uit een van 30 siektegroepe u tref of selfs ‘n nuwe siekte, ongeluk of misdaadvoorval met meer as 35% impak op die liggaam.
Inkomstebeskerming en Lewensdekking is dikwels belangriker, maar Traumadekking is geweldig handig aangesien dit op diagnose uitbetaal en daar nie permanente skade of inkomsteverlies bewys hoef te word nie.
Hoe?
Die ernsvlak van die kritiese toestand bepaal die gedeelte van die versekerde bedrag wat uitbetaal word. ‘n Hele lewe termyn is beskikbaar en u kan 30 keer eis, net nie meer as een keer vir dieselfde toestand of wanneer die nuwe toestand veroorsaak is deur ‘n toestand waarvoor reeds geëis is nie.
‘n 14 dae oorlewingstydperk is gewoonlik van krag en die voordeel kan alleenstaande of saam met Lewens- of Ongeskiktheidsdekking uitgeneem word. Indien die Traumavoorval ook permanente ongeskiktheid veroorsaak, kan die kliënt teen albei voordele eis.
Ek is tans besig met ‘n eis vir ‘n dame van 60 wat 14 dae gelede ‘n hartomleiding moes kry.
‘n Maatskappy soos Liberty het in 2018 die grootste bedrag in sy 60 jaar geskiedenis uitbetaal, naamlik R4.7 miljard. Dit is gelyk aan R8.8 mil per werksdag aan 28 453 individue en hulle begunstigdes.
Ons kan egter sien dat meer mense trauma soos kanker oorleef wat die belangrikheid van hierdie tipe dekking op ‘n persoon se risikodekking kontrak beklemtoon.
Die vordering in mediese tegnologie en vroeë diagnose van gevreesde siektes veroorsaak dat meer mense herstel. Eisers en families moet egter die koste van oorlewing bestuur.
Kanker bly die hoogste oorsaak van eise. Die behandeling en herstel kan jare neem. Volgens Liberty was prostaatkanker in 2018 die prominentste oorsaak van eise teen 32.3% en was eise vir borskanker 50% van die kankereise by vroue.
Selfmoord eise het bykans verdubbel. Gauteng het 31.2% van alle motorvoertuig ongelukeise opgeneem. Teks of selfs Bluetooth gedurende bestuur, is geweldig riskant en neem toe as oorsaak van eise, veral onder die jonger generasie.
Maar nou ja: met genoeg genade kan ons dalk hierdie voorvalle vryspring, maar dit is bevrydend om te weet dat ‘n mens ten minste die finansiële impak kan versag in ‘n wêreld wat al hoe gevaarliker lyk…..
E-pos: desmond.sinclair@liblink.co.za