Spies Venter Kunsskool bied sy jaarlikse kunsuitstalling aan met die amptelike opening op Woensdag 4 Desember om 18:00. Kunsliefhebbers kan vanaf 5 – 7 Desember tussen 10:00 en 14:00 deur die werke kom stap.
Daar is meer as tien studente wat vanjaar aan die uitstalling deelneem. Van die werke sal te koop aangebied word. Spies Venter is ʼn bekende kunstenaar in Groot-Brakrivier en die kunsskool bestaan al sestien jaar lank.
Vir verdere besonderhede of navrae skakel Maryna by 084 500 2023 of Karen by 082 968 5186