Vader Noël-Jean Creille , ‘n befaamde orrelis in ons midde

Orrelspel val nie noodwendig in iedereen se smaak nie, maar kan ‘n mens nie anders as om verstom te staan en ‘n waardering te ontwikkel  vir sy wysheid en kennis, nie net van orrespel nie, maar ook van sy lewenservaring in die Kerk en die Akademie.

Sedert  2019 is hy orrelis by die NG Kerk te Groot-Brakrivier, maar het al wye draaie geloop plaaslik en internasionaal.

Vader Noël is ‘n ewige student . Hy behaal sy M.Mus met die titel van sy proefskrif “The Influence of The Old Church Modes on Gregorian Chant”. So ook ‘n M.A (cum laude) in Letterkunde en Wysbegeerte. Sy doktorale navorsing en studie handel oor die Orrelboukunde van die Oostenryker, Arp Schnitger en sy tydgenote, Jacob Hagebeer en Andreas de Mare. Verder behaal hy die D.Litt et Phil., met die proefskrif: “William Shakesspeare, Francis Bacan and John Donne: A Comparative Study.”

Van sy jongste jare wou hy predikant word, maar die droom het baie later eers verwesenlik.

Hy begin sy teologiese studies deur Unisa met hoofvakke Kerkgeskiedenis en Praktiese Teologie. (B.Th., M.Div.,). Deur die University of Durham, met Prof. S. Sykes as promotor, behaal hy die graad D.D., in Praktiese Teologie met die Tesis: “LITURGY IN RETROSPECT AND PROSPECT – IN UNITATE SPIRITUS SANCTI”. Die kroning van sy akademiese loopbaan was sy D.D., in Kerkgeskiedenis met die tema:

” BISHOP JOHN WILLIAM COLENSO: HIS LIFE AND WORK: HIS RE-INSTATEMENT AS BISHOP OF NATAL – POSTUMOUSLY:  MEDIATION OF ONE OF HIS SUCCESSORS”

Hy is onder andere ook lid van die Koninklike Akademie vir Kerksang en Kerkmusiek asook die Koninklike Akademie van Kerkorreliste.

In 2004 is Noël-Jean ge-orden in die Anglo-Katolieke Kerk en is in Julie 2015 geïnkardineer in die Anglikaanse kerk, Bisdom George. Vir 2018 was hy werksaam in die Bisdom Grahamstown en het in 2019 na die Bisdom van George teruggekeer.

Vader Noël onderneem vanaf 2007 elke jaar, soos ook vanjaar, ‘n orreluitvoeringstoer hier te lande en oorsee. Vanaf 20 September tot 21 Oktober 2019 speel hy in verskeie kerke in Vanwyksdorp,  Calitzdorp en Graaff-Reinet. In Europa speel hy in katedrale in Copenhagen, Oslo, Bergen en Trondheim. In Engeland speel hy in die Hexham Abdy in Durham asook in Ripon en Hereford. In Italië speel hy in die Santa Maria Maggiore in Rome.

Vader Noël is voorwaar ‘n formidabele man met vele talente en is ons bevoorreg om hom in hierdie streek te hê.  Bon Voyage en kom veilig terug na ons!