17.3 C
Mossel Bay
29th November 2023
Community & LivingGeneral knowledgeRelationships

VERNUWE OF VERVAL?

Met die uitbreek van die pandemie, was die bekende, “tried and trusted” manier van alledaagse dinge doen, skielik glad nie ’n moontlikheid nie en mense moes noodgedwonge kreatief dink aan nuwe maniere om dinge te doen. Al hierdie alternatiewe maniere van dinge doen, het egter gebly na die pandemie, aangesien dit waarde toegevoeg het tot ons lewens en lewenstyl. Dit was wonderlik om te sien hoe mense, die oomblik toe hulle uitgedaag word met ’n situasie waar die gewone uitkomste nie ’n moontlikhied is nie, ’n nuwe manier kon vind om voort te gaan.  

Jaan Panskepp, ’n radikale neurowetenskaplike, het soeke as een van die sewe mees antieke instinkte geïdentifiseer. Interessant genoeg, bestaan die waarskynlikheid dat soeke die mees belangrike instink is, aangesien dit integraal is tot ons motivering, drang om te ontdek en behoefte om begrip te hê. 

Ons gemak en gevestigde patrone kniehalter ons kreatiwiteit. Wanneer ons met moeilike situasies gekonfronteer word en dit evalueer asof die gebruiklike, gewone uitkomste nie beskikbaar is nie, is wanneer kreatiwiteit en ’n soeke na oplossings, geaktiveer word. Deur te verval in die gebruiklike en nie vars en vernuwend oor sake te dink nie, het die vermoë om ons af te stomp en te laat stagneer, en ons almal weet wat met water gebeur wat stilstaan! 

Net soos ’n nuwe seisoen nuwe groei voortbring, bring ’n soeke en ontvanklikheid vir vernuwing, die potensiaal om te groei en tot veel meer in staat te wees as wat ons ons kon voorstel. Vir sommige kom die soeke na nuwe, kreatiewe maniere van dinge doen, makliker as vir ander. Soms is dit nodig dat die lewe ons eers by ’n doodloopstraat moet bring, voordat ons genoodsaak word om vernuwend te dink in ons soeke na oplossings. Die media is vol van suksesverhale wat die lig gesien het toe die gebruiklike uitkomste nie ’n moontlikheid was nie. Doodgewone mense, uitsonderlike uitkomste. Hoe dan so? Hulle het hul denke vernuwe – en dit kan jý ook wees!

.

Related posts

NECTAR IN THE GARDEN

Christaan Viljoen

WALKING WITH A PURPOSE FOR SPECIAL NEEDS CHILDREN

Elsa Davids

THE DAILY DANCE OF FLOWERS

Gregory Moore

THE PERIL OF THE FERAL

Scott Thomson

WILDE VITAMIENE!

Rene Bohnen

Manneloog

Laurinda Smit