19 C
Mossel Bay
8th Feb 2023
Community & Living

Waarom probeer ons so hard?

My drafstapsessies neem deesdae aansienlik langer dan ʼn  paar jaar terug.  Die voordeel hiervan is meer tyd  om die lewenslegkaartstukkies in my kop rond te skuif.

Dis juis tydens so ʼn selfhelpsessie dat die vraag by my opkom: Waarom probeer ons so hard wanneer dit kom by inpas, byhou, aanhou en uithou? Watter rol speel sosiale media, wêreldgebeure, alledaagse uitdagings, die samelewing, die eise wat ons aan onsself stel in hierdie proses?

Gebalanseerde groei op ʼn emosionele, spirituele en geestesvlak is belangrik en daarin behoort elkeen van ons te belê. Soveel waarde word egter geheg aan die aantal sosiale media-volgelinge, Instagram/Twitter/Facebook-boodskappe, ʼn bankbalans en  “keeping up with the Joneses” – en hoe vervullend is dit regtig en bied dit werklik  ʼn “quick fix” vir die lewe?

Met die sleutel tot 2020 in ons hande, watter skatkis van ontdekkings gaan jy oopsluit vir jouself, jou geliefdes en familie?  Waarheen is jy oppad? Hoe sal dit verskil van waar jy was?

Miskien is wie jy is en wat jy doen goed genoeg en is dit glad nie nodig om so hard te probeer nie.

May you experience self-fulfilment and fulfilling times with family and friends during this Festive Season and the New Year.

Related posts

SELFVERDEDIGING – HOE MEER JY WEET …

Patrick Vosloo

Station 15 Mossel Bay NSRI

Laurinda Smit

WAVECREST SE DINNER

Heleen Coertze

Spekboomsensasie

Annlerie van Rooyen

NORVAL FOUNDATION ART MUSEUM

Mariëlle Renssen

REIS NA DIE ONBEKENDE

Antoinette le Roux