13 C
Mossel Bay
26th Sep 2023
Community & LivingGeneral knowledge

WAT IS GENEALOGIE?

Die Suid-Kaap-tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is vanjaar 10 jaar oud. Die Suid-Kaap-streek strek van Plettenbergbaai in die ooste tot Heidelberg in die weste en sluit ook die Klein-Karoo tot by Barrydale in.

Om dit te vier, word daar op 10 September 2022 ’n byeenkoms in George gehou. Die hoofspreker is Isabel Groesbeek, genealoog van die FAK se genealogielessenaar. Ander sprekers sluit Wilkie Barkhuizen, stigterslid van die Suid-Kaap-tak en Hendrik Louw, die huidige president van GGSA, in.

Wat is genealogie? Dit is die wetenskap wat die afstamming van mense ondersoek, oftewel ’n opsomming van iemand se voorouers en hul nageslag in natuurlike volgorde. In die algemene spreektaal is dit ook bekend as ’n geslagsregister of ’n stamboom.  

Dit is tans een van die vinnigs groeiende stokperdjies. Almal wil weet waar hy/sy vandaan kom en wie sy/haar voorsate is of was. Tegnologie het ongetwyfeld tot die groter belangstelling hierin bygedra. Al hoe meer inligting is vandag digitaal beskikbaar en daar is ook verskeie sagtewareprogramme waarop jy jou stamboom kan vaslê. 

Waar begin ’n mens?

  • Genealogie is een van die min dinge wat by jouself begin. Jy ken jouself, wanneer en waar jy gebore, gedoop, getroud ens. is. Skryf dit neer en gaan kyk dan na jou ouers en vul dieselfde besonderhede in. Jy kan broers en susters ook invul.
  • Nou moet jy besluit watter bloedlyn jy wil navors – moeder of vader. Moenie albei gelyk prober doen nie, want dit kan oorweldigend raak.
  • Maak dan kontak met lewende familie en verkry inligting by hulle. Dit kan foto’s, sertifikate, begrafnisbriewe en derglike dokumente insluit. Moet egter nie alles glo nie: feite moet met stawende bewyse bevestig word. Hou deeglike rekords. As dit nie gedoen word nie, gaan jy oor en oor na dieselfde inligting soek.
  • Vir voorgeslagte wat nie meer lewend is nie, raadpleeg die argiewe. Baie daarvan is ook deesdae gedigitaliseer en kan vanaf ’n rekenaar by die huis gedoen word. Verskeie families is ook reeds behoorlik nagevors – hier kan die GGSA se plaaslike tak behulpsaam wees. In Suid-Afrika is die Nasionale Argief ook van onskatbare waarde.

Die GGSA se Suid-Kaap-tak het verskeie bronne beskikbaar wat kan help met navorsing. Elke kwartaal word ’n ledevergadering gehou waar aspekte rondom genealogie bespreek word.

Kontak gerus die voorsitter van die Suid-Kaap-tak, Kwartus Sieberhagen, by 083 232 9878 of kwartus@telkomsa.net vir meer besonderhede.

Related posts

GROOTBROER LOER!

Wilhelm de Wet

DOEN WAT JOU HAND VIND OM TE DOEN

Madelein Campher

CARE FOR OUR COAST

Scott Thomson

“Immergroen”- dis ons Jack Juries

Laurinda Smit

ONTMOET JOU MUSE!

Laurinda Smit

MY PA, MEESTER CLIFFORD (CLIFFIE) JACOBS

Mae Jacobs-Koert