17.3 C
Mossel Bay
29th November 2023
Nature & Nurture

Wie en Wat is S.M.A.R.T

Die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T), is sedert 2015 besig om gestrande mariene diere langs die kuslyn tussen Gouritsmond en Wildernis te help.

Die vrywilliger gebaseerde, nie winsgewende organisasie werk hoofsaaklik met robbe, dolfyne, walvisse en seeskilpaaie en alle werksaamhede is onder die streng toesig en protokol van die Departement van Omgewingssake. Noue samewerking tussen die NSRI, Kaapse Natuurbewaring, SAPREC, SANPARKE en alle Bewareas vind plaas. Van tyd tot tyd, reel en koördineer die groep ook strandskoonmaak operasies. Dit is baie belangrik vir S.M.A.R.T om bewus te wees van alle “eienaardighede” op die strande. Onlangs het ‘n persoon wat op Dias strand gestap het diesel geruik en dadelik S.M.A.R.T gekontak. Die korrekte prosedure is vinnig gevolg en ‘n groot krisis is betyds afgeweer. ‘n Vals alarm is beter om op te volg as wat daar ‘n omgewingsramp of ‘n dooi dier op die strand lê!

Die organisasie se administrasie is deeglik in plek en huidiglik word daar ‘n induksie program geimplimenteer om sodoende die nuwe “Smarties”, soos daar na die vrywilligers verwys word, reg van die begin af in te lig oor die hoe, wat en waar van die organisasie.

Alle persone wat wil deel word van S.M.A.R.T is welkom en kan die S.M.A.R.T nommer kontak by 072 227 4715. Alle gestrande mariene diere kan ook die nommer gerapporteer word.

Besoek gerus ook die Facebook blad by facebook.com/SMARTMosselbay.

Related posts

STRANDINGS – WHAT SHOULD I DO?

Janine Pereira

MAPUNGUBWE’S KANNIEDOOD TRAIL

Mariëlle Renssen

A CONUNDRUM IN CONSERVATION

Scott Thomson

LIVING IN COLOUR

Scott Thomson

GO NATIVE!

Sally Adam

The stranding of a whale

Tersia Marais