12 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & LivingNews

WINDE VAN VERANDERING! TYD OM TE BESIN!

Die tye van verandering het gekom. Ons wêreld het gemasker, geïsoleer en vreemd geraak. Hofsake word oor die internet gevoer vanuit kantore,  in stede van geykte fisiese verskynings in howe. Bob Dylan se woorde: “The answer my friend is blowing in the wind” het ’n onseker realiteit geraak, terwyl die popgroep Kansas se bekende liedjie “Dust in the Wind” ons aan die stof van ons menswees herinner.

Sekere goed bly tog vasstaan. Die hersiening van jou testament is nou belangriker as ooit! Verskeie faktore mag ingetree het vandat jy laas jou testament onder oë gehad het.

Jou risiko-profiel van gesondheid en gesondheidsorg het dalk verander, en dus is dit belangrik om wat in jou lewe en rondom jou gebeur in heroënskou te neem. Is daar voldoende voorsiening gemaak in jou testament vir die behoeftes van jou mense as jy sou sterf?

Is jou testament op datum met jou huwelikstatus? As jy dalk getrou of geskei het, of beoog om te trou of saam te woon, is dit noodsaaklik om jou testament te hersien.

Is daar enige van jou begunstigdes wat dalk afgesterf het, of wie dalk geïmmigreer het? Hierdie aspekte mag kardinaal wees by die opstelling van jou testament. Dit behoort weer nagegaan en oor besin te word.

Was daar enige invloede en veranderings in jou besigheid? Is die waarde van jou besigheid dalk beïnvloed? Dink na oor die strukturering van jou besigheid, aandeleportefeuljes, pensioen en mediese fondse. Maak seker dat jou testament in lyn is met jou huidige situasie wat waarskynlik deur COVID-19 geraak is.

Die benoeming van eksekuteurs of trustees in jou testament behoort ook weer hersien te word, om vas te stel of dit steeds jou wense weerspieël.

Beheer in hierdie onbeheerste tye die sake wat jy kan beheer, en maak seker jou testament is in orde. Spreek ’n professionele raadgewer om seker te maak dat een van die belangrikste besluite in jou lewe nie in die wind wegwaai nie …

Related posts

“To plant a garden is to believe in tomorrow.”

Jenaide Chippe

CAWS 4 PAWS: GEMEENSKAP- EN DIEREWELSYNSORGANISASIE

Lydie Terblanche

VAN GIVERNY TOT GROOT-BRAK

Linda Meyer

DIE KREATIEWE PROSES

Annlerie van Rooyen

LIGHT PAINTING USING THE NIGHT AS A CANVAS

Nisha Desai

MOKKA/MOCCA

Petronel Baard