VERLEDE EN TOEKOMS

Ons het almal ’n verlede, en The Post is geen uitsondering nie.

Marji Morkel, ’n inwoner van Groot-Brakrivier, het in Maart 2006 die koerant begin wat bekend gestaan het as Groot Brak Post. Hierdie uitgawes het uit 12 bladsye in swart en wit bestaan. In Maart 2009, tydens die derde bestaansjaar, is die naam verander na Great Brak Post en is sekere dele vir die eerste keer in kleur gedruk.

In Maart 2015 is daar vir die eerste keer ’n volkleur-voorblad en -agterblad gedruk. Marji het later na die Weskus verhuis, waarna Anton Dellemijn, Denise Lloyd en Mandi Botha vir vier maande die koerant uitgebring het en 3 000 kopieë versprei het, voordat dit in ’n sluimerfase ingegaan het.

In April 2016 het Laurinda Smit en Mike Ehrman die koerant weer opgetel en nuwe lewe daarin geblaas. Uitgawes van 20 bladsye is gedruk, waarvan 12 bladsye in volkleur en 8 in swart en wit was. Marianne Alberts het later by die span aangesluit.

Met ingang 1 Oktober 2018 is daar strategies besluit om die koerant se naam te verander na The Post. Volkleur-uitgawes van 20 bladsye is daarna gedruk.

Mike het in 2020 na die buiteland verhuis en Marianne het ’n nuwe uitdaging aanvaar in samewerking met ’n Duitse maatskappy. Die The Post-span het daarna hergroepeer, met Laurinda aan die stuur. Die verspreidingsgebied het uitgebrei vanaf Mosselbaai tot by Wilderness, insluitend al die dorpe tussenin. Die oplaag is verhoog na 5 000 kopieë met 155 maandelikse verspreidings punte.

Met ingang April 2026 brei The Post verder uit na Sedgefield en Knysna, met ’n druk oplaag van 6 000 koerante.

The Post se advertensiekoste is uiters bekostigbaar, en die feit dat dit gratis deur die publiek opgeraap kan word, is ’n groot bonus. Adverteerders weet dat lesers die tydlose, opbouende, positiewe en insiggewende artikels van hoek tot kant lees. Daarna word dit dikwels ’n pryk stuk op koffietafels waar vriende en familie dit tydens besoeke en vakansies kan geniet.

Die feit dat The Post, ten spyte van vele publikasies wat ná COVID nie meer verskyn nie, steeds bestaan, is ’n duidelike bewys van hoe die publiek en adverteerders dit geniet en ná 20 jaar steeds ondersteun. Vir die span van The Post is dit belangrik om met integriteit, goed beplande artikel inhoud en sorgvuldig gekose visuele elemente die gemeenskap en adverteerders se belangstelling te bly prikkel en die koerant nog lank die lig te laat sien.

The Post kan ook digitaal gelees of afgelaai word.

PAST AND FUTURE

We all have a past, and The Post is no exception.

Marji Morkel, a resident of Great Brak River, started the newspaper in March 2006 under the name Groot Brak Post. These early editions consisted of 12 pages printed in black and white. In March 2009, during its third anniversary, the name was changed to Great Brak Post, and certain sections were printed in colour for the first time.

In March 2015, a full-colour front and back page were printed for the first time. Marji later moved to the West Coast, after which Anton Dellemijn, Denise Lloyd and Mandi Botha continued publishing the newspaper for four months, distributing 3,000 copies before it entered a dormant phase.

In April 2016, Laurinda Smit and Mike Ehrman revived the newspaper and breathed new life into it. Editions of 20 pages were printed, with 12 pages in full colour and 8 in black and white. Marianne Alberts later joined the team.

From 1 October 2018, a strategic decision was made to change the name of the newspaper to The Post. Full-colour editions of 20 pages were thereafter printed.

Mike moved overseas in 2020, and Marianne accepted a new challenge in collaboration with a German company. The Post team regrouped, with Laurinda at the helm. The distribution area expanded from Mossel Bay to Wilderness, including all the towns in between. The print run increased to 5,000 copies with 155 monthly distribution points.

From April 2026, The Post will expand further to Sedgefield and Knysna, with a print run of 6,000 newspapers.

Advertising in The Post remains highly affordable, and the fact that the newspaper is freely available to the public is a significant bonus. Advertisers know that readers enjoy the timeless, uplifting, positive and insightful articles from cover to cover. The newspaper often becomes a feature on coffee tables, where friends and family can enjoy it during visits and holidays.

The fact that The Post, despite many publications that no longer appeared after COVID, continues to exist is clear proof of the enjoyment and ongoing support it receives from both readers and advertisers after 20 years. For the The Post team, it remains important to serve the community with integrity, carefully planned editorial content and thoughtfully selected visual elements that continue to inspire interest and ensure the newspaper’s continued publication.

The Post can also be downloaded or read digitally.

The Team

Laurinda Smit

Adverts

Ek is sedert 2016 deel van The Post. Soos met enige besigheid leer jy vinnig dat van koffie maak tot aflewerings deel is van die taak. Die interaksie met adverteerders, beding rondom pryse, en die pa staan vir foute wat insluip, word later ’n dans waarvan die musiek enige oomblik kan verander.

Email: sales@thepost.org.za

Suné de Bruyn

Design & Layout

Suné de Bruyn is ‘n kreatiewe siel gebore in Kaapstad. Sy het ‘n graad in grafiese ontwerp en werk tans as ‘n vryskut digitale ontwerper. Sy is passievol oor alles wat mooi en handgemaak is, en spandeer graag tyd aan arts en crafts. Sy het ook haar eie aanlynwinkel wat spesialiseer in handige skryfbehoeftes. Wanneer dit nie DIY projekte is wat haar besig hou nie, geniet sy dit om saam met vriende in die natuur te gaan stap en nuwe koffie- en boek winkels te ontdek.

Email: articles@thepost.org.za

Junior Breytenbach

Website

Junior is ’n kreatiewe denker met ’n passie vir klein en medium besighede. Gedrewe deur sy liefde om entrepreneurs te help hul storie te vertel, fokus Junior op strategiese benaderings wat sigbaarheid verbeter en groei aanmoedig.

Hy het ’n BCom in Voorsieningsketting- en Operasionele Bestuur, asook ’n Honneursgraad in Besigheidsbestuur — ’n akademiese agtergrond wat sy praktiese ervaring en insig versterk.

Surien Breytenbach

Marketing

Surien Breytenbach is ’n kreatiewe en mense-mens in murg en been. Sy het ’n groot liefde vir musiek en video-redigering, en geniet dit om stories visueel tot lewe te bring. Haar entoesiasme vir mense maak dat sy maklik skakel en natuurlik aanpas in enige span of projek.

Sy is tans besig met haar BCom in Finansiële Bestuur en is aktief betrokke by digitale bemarking – waar haar kreatiewe insig en tegniese vaardighede mekaar perfek aanvul. Met elke taak wat sy aanpak, bring sy warmte, oorspronklikheid en toewyding na die tafel.

Contributors

Born in Pretoria, Antoinette le Roux was a teacher and a farmer’s wife for many years in the area around De Rust. Studied drama at Pretoria university, teacher’s diploma and MA at Stellenbosch university and did her PhD through Unisa. Lives in Klein-Brakrivier and part of the Heritage committee and Dias museum in Mossel Bay.

Jannes Buys is the Managing Director of the Wonderful SA Foundation, and an Owner/Manager of the beautiful Ilita Lodge. Jannes is an avid reader and traveler, and there are few better places to do both those things than the stunning Garden Route.

Lydie Terblanche was jare in die filmbedryf, daarna CEO van Bemarkingsmaatskappy in Johannesburg, aan stuur van skakelmaatskappy in Bloemfontein, dosent in Kommunikasiewetenskap (proefskrif in Mediastudie aan Nelson Mandela Universiteit). Deesdae is sy op Klein-Brakrivier in vyfde fase van haar lewe met 3 Schnauzer-kinders, skrywer, soms digter, tuinier en betrokke by gemeenskapsontwikkeling.

Scott Thomson is currently the Chairman of the Great Brak River Conservancy and has been a dedicated contributor to The Post since 2018. His articles tend to focus on the natural wonders found within our local environment and often highlights the importance of community based environmental initiatives and positive engagement.

Martin Botha se hoofpraktyk, Outeniqua Oogkundiges, is in Maart 2002 begin in George. In November 2012 het hy die sattelietpraktyk begin op Groot-Brakrivier. Martin en sy vrou, Charlene (Brilmaker), het ontmoet gedurende hul studies. Saam streef hulle daarna om uitnemende oogsorg aan al hul pasiënte te bied.

Herman Swanepoel, ’n toegelate prokureur, notaris, aktebesorger en professionele waardeerder, is aan die stuur van KLS Prokureurs se tak in Groot-Brakrivier. KLS is ’n trotse lid van die Phatshoane Henney Group of Associated Firms. Herman spesialiseer in Eiendoms- en Kommersiële reg wat eiendomsoordragte, verbandregistrasies en kansellasies sowel as eiendomswaardasies insluit. Notariële dienste sluit huwelikskontrakte, notariële sertifikasie en die registrasie van serwitute in.

Ina Bezuidenhout is an environmental lawyer who relocated to the garden route during 2023. She practices environmental safety and health legal compliance for the past 14 years. She combines her passion for nature, history and traveling with the legal consultation work and plans to get involved in community projects in the foreseeable future.

Transitioning from the corporate world, Hermien Grobler discovered her talent for holistic healing. Starting an aromatherapy massage business in 2009, she embarked on a journey of growth. With expertise in metaphysics, she guided clients to heal on emotional, mental, and spiritual levels using various techniques. She believes in individuals’ innate healing power and ensure utmost confidentiality.

Bennie Brönn is deel van Forsys (Pty) Ltd, wat werk met bosbou sagteware, naamlik Microforest. Hy het oorspronklik Finansiële Wiskunde studeer en gewerk in Gauteng. Tans woon hy en sy vrou in die Mosselbaai omgewing. Hy het ‘n groot liefde vir syfers, veral om mense met wiskunde en finansies te help, vir die natuur, om te gaan stap en om voëls uit te ken.

Annlerie van Rooyen


Boeke was van kleins af deel van my leefwêreld en ek was gelukkig genoeg om my liefde vir boeke en lees as beroep by ’n uitgewery voort te sit op voltydse en later vryskutbasis. In 2020 het ek deel van The Post se span geraak. Om iets uit niks te skep, is ’n proses waarvan al die elemente amper soos ’n wonderwerk bymekaarkom, altyd met ’n goue draad wat daardeur loop. Die positiewe, opbouende en lekkerlees artikels vir die gemeenskap en hul waardering daarvoor bly inspirerend.

 

 

This will close in 0 seconds

Laurinda Smit


Ek is sedert 2016 deel van The Post. Soos met enige besigheid leer jy vinnig dat van koffie maak tot aflewerings deel is van die taak. Die interaksie met adverteerders, beding rondom pryse, en die pa staan vir foute wat insluip, word later ’n dans waarvan die musiek enige oomblik kan verander.

Die verrassende reaksie van die publiek, komplimente en die dankie wat oor jou pad kom sodra The Post op die rakke verskyn, maak die uitvoer van die dagtaak beslis die moeite werd.

This will close in 0 seconds

Lindie Metz


Lindie has been working in the publishing industry for over 20 years, both as designer and production consultant.  Her expertise lies largely in the non-fiction world – she has worked on gardening, cooking, parenting, and craft books and even jumped in as photographer on a few occasions.

Her career path took a very different turn when she studied and ultimately qualified as a homeopath. It speaks to her love of people, nutrition and fitness and she derives great joy in helping her patients along their journey to wellness.

When she’s not designing or in practice, you’ll find her in the kitchen cooking something delicious or outdoors, enjoying time in nature.

This will close in 0 seconds