VERLEDE EN TOEKOMS

Ons het almal ’n verlede en The Post is geen uitsondering nie.

Marji Morkel, inwoner van Groot-Brakrivier, het in Maart 2006 die koerant begin wat bekend gestaan het as Groot Brak Post. Hierdie uitgawes het bestaan uit 12 bladsye in swart en wit. In Maart 2009, tydens die derde verjaarsdag, is die naam verander na Great Brak Post met enkele dele in kleur. In Maart 2015 is daar vir die eerste keer ’n volkleurvoorblad en -agterblad gedruk. Marji het verhuis na die Weskus en daarna het Anton Dellemijn, Denise Lloyd en Mandi Botha vir vier maande die koerant uitgebring en 3 000 kopieë versprei alvorens dit ’n sluimerfase ingegaan het.

Gedurende April 2016 het Laurinda Smit en Mike Ehrman weer die koerant opgetel en afgestof om uitgawes van 20 bladsye uit te bring waarvan 12 bladsye in volkleur en 8 in swart en wit was. Marianne Alberts het later aangesluit as deel van die span.

Met ingang van 1 Oktober 2018 is daar strategies besluit om die koerant se naam te verander na The Post. Volkleur-uitgawes van 20 bladsye is gedruk.

Mike het in 2020 na die buiteland verhuis en Marianne het ’n nuwe uitdaging aanvaar in samewerking met ’n  Duitse maatskappy. The Post-span het hergroepeer met Annlerie van Rooyen wat aangesluit het in Maart 2020 en verantwoordelik is vir die artikels en Lindie Metz wat die ontwerp vanaf Junie 2020 hanteer. Die verspreidingsarea het vergroot vanaf George/Wildernis tot in Mosselbaai. Later is die oplaag verhoog na 5 000 kopieë met 155 maandelikse verspreidingspunte.

The Post se advertensiekoste is uiters bekostigbaar en die feit dat dit gratis deur die publiek opgeraap kan word, is ’n wonderlike bonus. Adverteerders weet dat die publiek die opbouende, positiewe, insiggewende artikels lees van hoek tot kant, waarna dit ’n prykstuk word op koffietafels vir vriende en familie om te geniet tydens besoeke en vakansies.

Die feit dat The Post, ten spyte van vele publikasies wat post-COVID nie meer verskyn nie, steeds bestaan, is ’n daadwerklike bewys van hoe die publiek en adverteerders dit geniet en steeds ondersteun na 18 jaar.  Vir The Post se span is dit belangrik om met integriteit, goed beplande artikel-inhoud en die keurige kies van visuele stimulasie nog lank die gemeenskap en sy adverteerders se belangstelling te prikkel en die koerant die lig te laat sien.  Wat die toekoms betref, sal daar meer gefokus word op die webblad en Facebook-ontwikkeling.

The Team

Laurinda Smit

Adverts

Ek is sedert 2016 deel van The Post. Soos met enige besigheid leer jy vinnig dat van koffie maak tot aflewerings deel is van die taak. Die interaksie met adverteerders, beding rondom pryse, en die pa staan vir foute wat insluip, word later ’n dans waarvan die musiek enige oomblik kan verander.

Email: sales@thepost.org.za

Karen Opperman

Artikels

Woorde en fotografie het my nog altyd fasineer, daarom is dit heerlik om betrokke te kan wees by The Post. William Clare het gesê: “I dream of wayward gulls and all landless lovers, rare moments of winter sun, peace, privacy, for everyone” en dis ‘n kort maar raak beskrywing van ‘n deel van my lewensuitkyk.

Contributors

Born in Pretoria, Antoinette le Roux was a teacher and a farmer’s wife for many years in the area around De Rust. Studied drama at Pretoria university, teacher’s diploma and MA at Stellenbosch university and did her PhD through Unisa. Lives in Klein-Brakrivier and part of the Heritage committee and Dias museum in Mossel Bay.

Cheryl Barnett has many years of digital marketing experience and being a mom. The program focuses on the fundamentals of internet safety and developing healthy digital habits from a young age (Under 11 years old). Parents can download informative parents guides to help continue the conversations.

Gerda Potgieter, author and award-winning public relations practitioner.  She holds a BA degree (with distinction), a BA Hons (with distinction), an MA from Unisa, and an Executive Leadership Diploma (University of Pretoria). She is the managing editor of the online Devoted Wellness magazine.

Jannes Buys is the Managing Director of the Wonderful SA Foundation, and an Owner/Manager of the beautiful Ilita Lodge. Jannes is an avid reader and traveler, and there are few better places to do both those things than the stunning Garden Route.

Lluyle Arendse is a 28-year-old, young man bursting with creativity living in Great Brak River. He is an Author, Writer, Poet, Spoken Word Artist, Blogger, Performance Artist. He published a poetry anthology called “Unspoken” in 2021.Lluyle is very active in his community.

Lydie Terblanche was jare in die filmbedryf, daarna CEO van Bemarkingsmaatskappy in Johannesburg, aan stuur van skakelmaatskappy in Bloemfontein, dosent in Kommunikasiewetenskap (proefskrif in Mediastudie aan Nelson Mandela Universiteit). Deesdae is sy op Klein-Brakrivier in vyfde fase van haar lewe met 3 Schnauzer-kinders, skrywer, soms digter, tuinier en betrokke by gemeenskapsontwikkeling.

Born in Zimbabwe of Dutch parents, Mariëlle Renssen has lived and worked in South Africa and New York, and is now based in Knysna. For many years she wrote travel books for MapStudio. She and her husband have been fortunate to travel the length and breadth of South Africa, Namibia and Botswana.

Stoney Steenbergen is ’n gekwalifiseerde  Suid Afrikaanse toergids. Hy het ’n spesiale liefde vir die natuur en het self aan verskeie multi-dag- en eendag-staproetes deelgeneem. Tans bedryf hy ’n toeragentskap wat onder andere spesialiseer in staproetes in die Tuinroete, Karoo en die Oos-Kaap. Hy is ook ’n slangkenner.

Scott Thomson is currently the Chairman of the Great Brak River Conservancy and has been a dedicated contributor to The Post since 2018. His articles tend to focus on the natural wonders found within our local environment and often highlights the importance of community based environmental initiatives and positive engagement.

Guido Brits is in Kimberley gebore en het daar groot geword. Hy bly tans op Groot-Brakrivier. Hy reël opwindende wegbreeknaweke vir afgetredenes wat in die Tuinroete bly en maandelikse Sondagmiddagetes dat mense kan uitkom. En per geleentheid, sing hy in huiskonserte.

Martin Botha se hoofpraktyk, Outeniqua Oogkundiges, is in Maart 2002 begin in George. In November 2012 het hy die sattelietpraktyk begin op Groot-Brakrivier. Martin en sy vrou, Charlene (Brilmaker), het ontmoet gedurende hul studies. Saam streef hulle daarna om uitnemende oogsorg aan al hul pasiënte te bied.

Madelein Campher geniet dit om tyd met diere, boeke en interessante mense deur te bring; diere want hulle is onvoorwaardelik lief en goed; boeke omdat dit haar na wêrelde kan wegvoer waarvan sy niks weet nie;  interessante mense omdat hul anders na die wêreld kyk. Haar geliefdes, rescue hond, land en sy mense en haar geloof is die spil waarom haar lewe draai.

René Bohnen is ’n digter en visuele kunstenaar wat in die Tuinroete kom nesskop het. Hier leef sy haarself steeds kreatief uit en lewer vryskutwerk aan landswye publikasies terwyl sy voêls kyk en oor die see staar. Mosselbaai-mense en Grootbrak-geeste is ’n heerlike nuwe inspirasie.

Herman Swanepoel, ’n toegelate prokureur, notaris, aktebesorger en professionele waardeerder, is aan die stuur van KLS Prokureurs se tak in Groot-Brakrivier. KLS is ’n trotse lid van die Phatshoane Henney Group of Associated Firms. Herman spesialiseer in Eiendoms- en Kommersiële reg wat eiendomsoordragte, verbandregistrasies en kansellasies sowel as eiendomswaardasies insluit. Notariële dienste sluit huwelikskontrakte, notariële sertifikasie en die registrasie van serwitute in.

Ina Bezuidenhout is an environmental lawyer who relocated to the garden route during 2023. She practices environmental safety and health legal compliance for the past 14 years. She combines her passion for nature, history and traveling with the legal consultation work and plans to get involved in community projects in the foreseeable future.

Bets Nel is betrokke by verskeie gemeenskapinisiatiewe in Groot-Brakrivier. Haar betrokkenheid het begin met Searle Memorial Kerk se sopprojek sedert  2010 wat uitgebrei het tot ’n volwaardige uitreikaksie, alombekend as Outreach Inspiration wat veral fokus op Bybelstudie en die welsyn van kinders.  Bets Nel was ook baie aktief met die stigting van die Grootbrak Netwerkforum en is ook onlangs as die voorsitter van Groot-Brakrivier se Kindersorg verkies.

Christiaan Viljoen is currently the Curator and General Manager for the Garden Route Botanical Garden Trust, a Non-Profit Organisation located in George. The Garden Route Botanical Garden is roughly 16 hectares in size and situated at the foot of the Outeniqua mountains. His main interest is birds and birding and he is also passionate about plants.

Transitioning from the corporate world, Hermien Grobler discovered her talent for holistic healing. Starting an aromatherapy massage business in 2009, she embarked on a journey of growth. With expertise in metaphysics, she guided clients to heal on emotional, mental, and spiritual levels using various techniques. She believes in individuals’ innate healing power and ensure utmost confidentiality.

Bennie Brönn is deel van Forsys (Pty) Ltd, wat werk met bosbou sagteware, naamlik Microforest. Hy het oorspronklik Finansiële Wiskunde studeer en gewerk in Gauteng. Tans woon hy en sy vrou in die Mosselbaai omgewing. Hy het ‘n groot liefde vir syfers, veral om mense met wiskunde en finansies te help, vir die natuur, om te gaan stap en om voëls uit te ken.

Rauch Gertenbach Inc. is a well-established firm of attorneys practicing in the Garden Route since 1922. The firm consists of Conveyancing, Litigation, Deceased Estates, Liquidation, Business Rescue and Commercial Departments, with ten attorneys and 43 staff members functioning within a well-established infrastructure. Offices in Mossel Bay, George, Hartenbos and Dana Bay. office@rgprok.com / www.rgprok.co.za

Estasblished 2007 through Croft Animal Hospital, CAWS 4 PAWS was registered as a NPO in April 2013. Run and supported by a team of local volunteers, we have sterilised thousands of cats and dogs.  Regular ‘Outreaches’ into the community include dipping, deworming, inoculating, feeding and emergency medical services.

Caritas Care Mosselbaai is ‘n vooraanstaande instelling wat ‘n gevorderde Pastoraal Narratiewe Sertifikaatkursus van twee jaar aanbied, geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria. Die kursus rus deelnemers toe om die Narratiewe Terapeutiese Studieveld te verstaan, om sodoende ander te lei en ondersteun in verkeie lewenssituasies. ‘n Unieke geleentheid om dieptevaardighede te ontwikkel vir emosionele welstand en sorgverlening.

Annlerie van Rooyen


Boeke was van kleins af deel van my leefwêreld en ek was gelukkig genoeg om my liefde vir boeke en lees as beroep by ’n uitgewery voort te sit op voltydse en later vryskutbasis. In 2020 het ek deel van The Post se span geraak. Om iets uit niks te skep, is ’n proses waarvan al die elemente amper soos ’n wonderwerk bymekaarkom, altyd met ’n goue draad wat daardeur loop. Die positiewe, opbouende en lekkerlees artikels vir die gemeenskap en hul waardering daarvoor bly inspirerend.

 

 

This will close in 0 seconds

Laurinda Smit


Ek is sedert 2016 deel van The Post. Soos met enige besigheid leer jy vinnig dat van koffie maak tot aflewerings deel is van die taak. Die interaksie met adverteerders, beding rondom pryse, en die pa staan vir foute wat insluip, word later ’n dans waarvan die musiek enige oomblik kan verander.

Die verrassende reaksie van die publiek, komplimente en die dankie wat oor jou pad kom sodra The Post op die rakke verskyn, maak die uitvoer van die dagtaak beslis die moeite werd.

This will close in 0 seconds

Lindie Metz


Lindie has been working in the publishing industry for over 20 years, both as designer and production consultant.  Her expertise lies largely in the non-fiction world – she has worked on gardening, cooking, parenting, and craft books and even jumped in as photographer on a few occasions.

Her career path took a very different turn when she studied and ultimately qualified as a homeopath. It speaks to her love of people, nutrition and fitness and she derives great joy in helping her patients along their journey to wellness.

When she’s not designing or in practice, you’ll find her in the kitchen cooking something delicious or outdoors, enjoying time in nature.

This will close in 0 seconds