Editorial October

Ons is almal maar alte bekend met die woorde wat ons hardop uiter, of stilweg in ons gedagtes herhaal: “Waarom gebeur dit met my?” Maar wat as ons net vir ’n oomblik kan asemhaal, stil raak en ons denkpatroon verander; die woorde wat ons spreek, verander na: “Is daar dalk ’n moontlikheid of geleentheid hierin vir my?”

Dikwels is dit ons vrese, dit wat in die verlede gebeur het, of bloot ons gevestigde gewoontes wat ons binne bekende paaie en situasies hou. Maar wat as ons onsself kan bevry van die bekende denkwyse en begin om nuuskierig te raak? Om te verken, ’n ander benadering te probeer, dapperder te wees en met groter vrymoedigheid in ons eie oortuiging te glo? Ons vergeet soms dat ’n reis begin deur bloot een tree te gee.

Een tree word twee. ’n “nee” kan in ’n “ja” verander. ’n Ander benadering kan jou op ’n heel nuwe lewenspad plaas. Die oortuiging dat ons moet wag vir die perfekte oomblik, ’n gewaarborgde uitkoms of die ideale oplossing, kan daartoe lei dat kosbare tyd eenvoudig by ons verbygaan. Moontlikheid gaan nie daaroor om op die uitkoms te fokus, of oor hoe ander jou sukses of mislukkings gaan beoordeel nie.

Dit gaan eerder daaroor om nuuskierig te raak oor dit wat binne-in jou moontlik is; om die potensiaal te verken van die mens wat jy nog besig is om te word en om bereid te wees om ’n kans op jouself te waag. Wat moet in jou lewe gebeur sodat jy bereid sal wees om die pad van moontlikheid te verken?

We are all too familiar with the words spoken or thought “Why is this happening to me?” What if we can take a breath, a moment to change our thought pattern the spoken words to “Is there a possibility or opportunity in this for me?” Often our fears, past happenings or just habits limit us to all familiar ways and situations. But what if we can free ourselves from the well-known mindset and start thinking about the prospect of becoming curious, exploring, taking a different approach, being brave and bolder in our belief? We forget that a journey starts with just taking one step, which become two steps, changing a no into a yes, taking a different approach can set one on a new pathway.

Believing that we should wait for the perfect moment, a guaranteed outcome or ideal solution can only lead to time slipping by. Possibility is not to focus on the outcome, how others will view your success or failures, but to become more in exploring the potential from within, the prospect you have not yet matured into, to take a chance on yourself.

What needs to happen in your life to explore an avenue of possibility?