Die GB Walk om die Groot Brakrivier is ’n heerlike 4.75 km roete wat perfek is vir die hele familie. Hierdie pragtige staproete neem jou al langs die rustige Groot Brakrivier waar jy asemrowende natuurskoon, vars seelug en die kalm atmosfeer van ons dorpie kan geniet. Dis die ideale geleentheid om bietjie te ontspan, kwaliteit tyd saam met jou geliefdes deur te bring en sommer ook ’n bietjie oefening in te kry. Of jy nou rustig wil wandel, saam met die kinders wil stap of net die mooi uitsigte wil inneem – die GB Walk is ’n lekker, veilige en gesonde aktiwiteit vir jonk en oud.
Datum: 6 April 2026
Plek: Groot-Brakrivier Sportgronde
Afstand: 4.75 km om die dorp Groot-Brakrivier
Tema: “Skouer aan skouer, tree vir tree – saam bou ons familie herinneringe.”
Wat kry deelnemers:
• Eerste 250 deelnemers wat inskryf kry paar kouse
• Elke deelnemer kry medalje wanneer hul klaarmaak.


