ONDERSTEUN PLAASLIKE INISIATIEWE!

KINDERWELSYN CANDICE BUGAN

Child Welfare South Africa Groot Brakrivier/Great Brak River is ’n inisiatief wat ontstaan het uit die behoefte aan dienste vir kinders en families in nood. Dit is op 31 Julie 1984 geregistreer as welsynsorganisasie en in Oktober 1984 is die eerste maatskaplike werker in ’n ongesubsidieërde pos aangestel. Die organisasie is sedert 19 November 1984 geaffilieer by die Nasionale Raad van Kinderwelsyn en vir die eerste keer befonds deur die staat in 1986. As die enigste nie-winsgewende Kinderbeskermingsorganisasie soos aangewys deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, lewer ons sedert 1984 kinderbeskermingsdienste.

Ons is afhanklik van ’n staatsubsidie en donasies vir volhoubare dienslewering. Die inkomste dek egter net gedeeltelik die organisasie se uitgawes. In 2022 het ons ’n R10 000-donasie ontvang van die jaarlikse Cabaret-fondsinsameling. Dit is aangewend vir programme soos noodlening aan kliënte (voedsel, babaprodukte, melk, doeke), die diens en onderhoud van voertuie en ander noodsaaklike uitgawes. Ons is voorwaar dankbaar om begunstigdes van hierdie projek te wees.

Die fondse word aangewend vir kostes nie gedek deur die subsidie nie. Die subsidie is die afgelope vyf jaar onveranderd en geen verhogings/aanpassings is ontvang vir enige operasionele kostes of salarisse nie.

CAWS 4 PAWS BARRY GREYVENSTEIN

For the past two years our local Cabaret show has chosen, among others, CAWS 4 PAWS, a registered NPO, as beneficiary. This enables us to continue with our outreach work focused on sterilisation. We sponsored in excess of 350 animals in the last 12 months. Education is achieved with every Outreach during which pet owners are advised about treatment and care of their animals. During COVID we distributed in excess of R100 000 of food as a free service, which in turn impacts directly on the general health and welfare of our community. The Health services of our local Municipality agree that neglected or sick animals can contribute to an unhealthy community in general.

Last year we received R11 000 and, with the support of our community, this will increase in future years. The support of individuals and businesses will help us to keep on treating domestic pets from underprivileged homes in and around Great Brak River.