Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid?

Mathematics is one of the most efficient means of approaching the great secret, of considering what lies past all that we can see or presently imagine. Mathematics doesn’t describe the secret so much as it implies that there is one.

Alec Wilkinson(2022) “Math Is the Great Secret”, New York times Guest Essay

https://www.nytimes.com/2022/09/18/opinion/math-adolescence-mystery.html

Voor die einde van 2024 gaan elke leerder wat tans in Graad 9 is met die keuse gekonfronteer word: Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid?

Om aan die vereistes van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te voldoen vir ‘n matrieksertifikaat, moet dieselfde sewe vakke tydens Graad 10, 11 en 12 bestudeer word.

Die sewe vakke wat bestudeer moet word bestaan uit drie vakke van die leerder se eie keuse. Dan moet elke leerder ook ten minste twee tale (een waarvan die leerder se huistaal moet wees), en nog ‘n taal wat deur die skool aangebied word, op addisionele taalvlak, bestudeer. Laastens word elke leerder verplig om Lewensoriëntering sowel as Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid te bestudeer.

Inligting wat vrylik op die Internet beskikbaar is, stem saam dat daar voordele daaraan verbonde is om Wiskunde te bestudeer. Dit sluit onder andere die volgende in:

  • Verbeterde, logiese redenasievermoë
  • Ontwikkel analitiese denkprosesse
  • Die vermoë om logies te redeneer en denke te orden verbeter
  • Die vermoë om probleme op te los en verskeie oplossings te ondersoek en te evalueer word verskerp.

FLATER: Wiskundige Geletterdheid is nie veel werd nie.

Die voordele hierbo word voorgehou as die toegangskaartjie tot ‘n sinvolle, suksesvolle beroep. Dit is juis hierin waarin die miskenning van die waarde van Wiskundige Geletterdheid gesetel is. Die studie van Wiskundige Geletterdheid bied dieselfde voordele as Wiskunde met die fokus op praktiese toepassing van kennis en vaardighede. Daar is wel onderwerpe wat in diepte in Wiskunde bestudeer word wat ‘n leerder vir verdere studie in verskeie mediese rigtings, Natuurwetenskappe of Ekonomiese wetenskappe sal voorberei.

Die feit is egter:  Wiskundige Geletterdheid bied nie die minderwaardige uitweg nie. Die kurrikulum vir Wiskundige Gelettterdheid maak voorsiening vir die bestudering van vier onderwerpe naamlik finansies, meting, kaarte en diagramme en datahantering. Tydens onderrig van hierdie vak word klem gelê op die praktiese toepassing en probleemoplossing binne konteks van die onderwerpe.

Wiskunde behels die studie van hoeveelhede, stukture, ruimtes en verandering. Onderrig is gefokus op die ontdekking van patrone binne hierdie onderwerpe deur die gebruik van definisies en waterdigte bewyse. Talle begrippe word in beide Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid bestudeer.

Wiskunde vind gestalte vind in elke gebaar wat ons maak, of dit die koop van ‘n vliegtuigkaartjie is of om ‘n doel te skop op die rugbyveld, dit vorm deel van skilderkuns netsoveel as in die bou van ‘n brug. Sodra ons begin besef hoe diep Wiskunde in die wêreld om ons ingebed is, kan ons verstaan dat Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid albei toegang verleen tot ‘n sinvolle lewensreis.

 

FEIT:    Wiskundige Geletterdheid is nie makliker nie – dis anders.