Ek het nie bewustelik kennis geneem van wanneer die huppel in my stap gekom het nie, al wat ek weet is … dit het!

Dit is immers onmoontlik om nie meegevoer te raak deur die oranje-rooi aalwynfakkels langs die pad nie, plaat op plaat goudgeel Canolavelde en die son wat vroeër sy kop oor die spieëlgladde see uitsteek nie. Die pragtige ligpienk skakerings wanneer die dag einde se kant toe staan, kondig aan dat die winter se uurglas leegloop. Die lente is hier!

Met die seisoensverandering wat klop aan ons voordeur en harte, het elkeen van ons die keuse om ook te vernuwe. Meer bewustelik ingestel te wees, met sagter oë te kyk, deernisvol om te gaan met wie ons pad kruis. Om met klein gebare uit te reik, goedheid uit te deel en met aandag na jou leefruimte, mense en jou plek daarin om te sien. Soms wonder ek waarom dit vir mense moeilik is om seën uit te spreek oor ander, elkeen te hanteer soos jy graag hanteer wil word?

Dit raak vir my belangriker om nie dit wat jy nodig het buite jouself te gaan soek nie, selfliefde moet jou anker. Niemand kan dan ʼn bedreiging inhou nie, kwaadaardigheid sal nie op jou lys van behoeftes wees nie. Inteendeel, om vir jouself lief te wees, bring naasteliefde – onvoorwaardelik en oorvloedig.

Kom ons wees aan die begin van die nuwe seisoen ʼn bydrae tot ander se huppel in die stap.

I cannot consciously recall when the spring in my step appeared. All I know is… it did!

After all, it is impossible not to be swept away by the orange-red aloe blooms along the road, field upon field of golden canola, and the sun rising earlier over the mirror-like sea. The soft pink shades at sunset announce that winter’s hourglass is running empty. Spring is here!

As the new season knocks on our doors and hearts, we can choose to renew ourselves—to live more consciously, see with gentler eyes, treat others with compassion, share kindness through small gestures, and care for our surroundings and the people in our lives.

Self-love should be our anchor. When we love ourselves, others no longer feel like a threat, and there is no need for malice. Instead, self-love creates love for others—unconditional and abundant.

At the start of this new season, let us contribute to the spring in someone else’s step.