In 2013 het die Mosselbaai Munisipaliteit plaaslike kultuurorganisasies en kunstenaars genooi om ’n Kultuurvereniging vir die Mosselbaaidistrik te begin. Mokka (Mosselbaai Kreatiewe Kulture Assosiasie) of in Engels Mocca (Mossel Bay Creative Cultures Association) is gevorm met Petronel Baard as voorsitter.

Oor die jare het die organisasie verskeie bydraes tot dorpsfeeste, -gebeure en individuele loopbane op plaaslike asook nasionale vlak vir ons kunste gelewer.

Mokka bestaan onder andere om as organisasie ’n skakel te wees vir die kunste tussen die plaaslike regering en kunstenaars en dien as oorkoepelende beskermingsorganisasie. Oor die jare het dit ontwikkel tot ’n gemaklike, gratis netwerk vir kunste en enige iemand is welkom op die WhatsApp-groep.

Mokka deel graag informasie op ons sosiale mediablad en kunstenaars word genooi om ons op hoogte te hou met wat hul doen vir die gratis diens. https://www.facebook.com/creativeculturesmosselbay

Mokka vier vanjaar hul tiende bestaansjaar met spesiale optredes waar almal ook welkom is. Karin Cupido is tans voorsitter en kan gekontak word vir navrae by 079 384 5299. Petronel Baard dien steeds as Beskermvrou vir die organisasie.