Editorial Mei

Ons het almal ’n verlede en The Post is geen uitsondering nie. Marji Morkel, ’n inwoner van Groot-Brakrivier, het in Maart 2006 die koerant wat bekend gestaan het as Groot Brak Post, begin. Hierdie uitgawe het uit 12 bladsye, gedruk in swart en wit,

bestaan. In Maart 2009, tydens die derde bestaansjaar, is die naam verander na Great Brak Post en is sekere dele vir dieeerste keer in kleur gedruk.

 

In Maart 2015 veeskyn die eerste voor- en agterblad in kleur Marji het na die Weskus verhuis, waarna Anton Dellemijn,

Denise Lloyd en Mandi Botha vir vier maande die koerant uitgebring en 3 000 kopieë versprei het, voordat dit in ’n sluimerfase ingegaan het.

 

In April 2016 het Laurinda Smit en Mike Ehrman die koerant weer opgetel en nuwe lewe daarin geblaas. Uitgawes van 20 bladsye, waarvan 12 in volkleur en 8 in swart en wit was, is gedruk. Marianne Alberts het later by die span aangesluit.

Met ingang 1 Oktober 2018 is die strategiese besluit geneem om die koerant se naam na The Post te verander en die eerste volkleuruitgawe sien die lig.

Mike het in 2020 na die buiteland verhuis en Marianne het ’n.  nuwe uitdaging, in samewerking met ’n Duitse maatskappy, aanvaar. Die The Post-span het hergroepeer met Laurinda aan die stuur. Die verspreidingsgebied het uitgebrei vanaf Mosselbaai tot by Wilderness, insluitend al die dorpe tussenin. Die oplaag is verhoog na 5 000 kopieë met 155 maandelikse verspreidingspunte.

Met die verjaarsdaguitgawe in April 2026 brei The Post verder uit na Sedgefield, Knysna en Oudtshoorn, met ’n oplaag van 6000 koerante. ʼn Nuwe voorbladontwerp asook ʼn QR kode wat beteken u kan nou die koerant digitaal lees, loop hiermee saam. Vir die span van The Post is dit belangrik om met integriteit, goed beplande artikel inhoud en sorgvuldig gekose visuele elemente die gemeenskap en adverteerders se belangstelling te bly prikkel en die koerant tydloos te maak. Ons sien uit na die volgende 20 jaar.