ANNA DAVEL IN GROOT-BRAK TYDENS DIE MUSEFEES!

Dit is met groot opgewondenheid dat ons kan aankondig dat Anna Davel tydens die Musefees in Groot-Brakrivier sal optree. Anna se loopbaan het begin as die algehele wenner van Crescendo Nasionale sangkompetisie (1997), en haar tyd as deel van die A capella groep Cutt glas neem haar dwarsoor die wêreld. Sy doen ook solovertonings in Londen, Nederland, Kanada en Australië.

Oor meer as 20 jaar het Anna haarself gevestig as ’n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van formaat, met nege hoogaangeskrewe albums agter haar naam. Hoogtepunte sluit in: vier SAMA-nominasies en een SAMA-toekenning (2006) vir Beste Afrikaanse kontemporêre album asook nominasies vir verskeie ander gesogte nasionale nominasies en toekennings (Geraas, Ghoema, Kanna, Woordtrofee, Tempo etc.).

Anna het al ’n draai gemaak in die sepies Egoli (as Anke), asook twee gasverskyning in 7de Laan. Sy speel in drie Suid-Afrikaanse rolprente, Liefling – die Movie en Susannah van Biljon (2010)en die tienerfilm Suurlemoen! (2014). Haar vierde Afrikaanse film Gat in die Muur/Hole in the wall wat vyf nominasies ontvang het by die Southampton Internasionale filmfees word binnekort vrygestel.  

Sedert 1997 vervaardig sy meer as 25 verhoogproduksiesen sy verskyn jaarliks op talle aktualiteits-, televisie- en radioprogramme. Sy was in 2011 te sien in Skouspel, die grootste Afrikaanse musiekgebeurtenis in die SA. Die produksie Mixtape van die liefde (saamgestel en geregisseur deur Davel) ontvang in 2022 ook die toekenning vir Beste produksie tydens Aardklop se toekenningsgeleentheid. As regisseur spits sy haarself ook toe op kwaliteitproduksies en behartig sy die samestelling en regie van o.a. Vroumaand 2022 se openingskonsert Femme Fantasties, asook die Suidoosterfees se jaarlikse 2023 Afskopkonsert met die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes en die Konsert van Hoop met o.a. Vicky Sampson, Louis Loock en die Suid-Afrikaanse jeugkoor wat plaasgevind het in die Operateater by Artscape/Kunstekaap in Kaapstad.

“Early Bird”-kaartjies is beskikbaar vanaf 14 Augustus tot 4 September teen ’n spesiale prys.

22 September 2023 Daarom skryf ek by die NG Kerk in Groot-Brak – R160.00 pp

24 September Linger Longer by die Lakeside Restaurant, Brinkleys – R115.00 pp

Kontak Laurinda 082 738 8011 en Annlerie 082 33 11 434 vir u kaartjies. MOET DIT NIE MISLOOP NIE!