BLOUVLAGSTRANDE LANGS DIE TUINROETE

Altesaam 20 van die strande in ons streek het hierdie jaar blouvlagstatus ontvang.

Om ‘n Blou Vlag te ontvang, is geen klein prestasie nie. Daar is 33 streng kriteria wat nagekom moet word, wat wissel van watergehalte tot omgewingsopvoeding, toeganklikheid en besoekersfasiliteite. Die toekenning beklemtoon die toewyding van plaaslike munisipaliteite, toerisme-operateurs, hawe-eienaars en vrywilligers in die opvoeding en bevordering vir die biodiversiteit van die land se kuslyne. Blouvlagstatus word internasionaal erken.

Daar is 7 blouvlagstrande in Mosselbaai se munisipale streek: De Bakke, Glentana, Hartenbos, Kleinbrak, Santos, Suiderkruis en Tweekuilen. In George munisipale area, is daar die volgende blouvlagstrande: Heroldsbaai, Leentjiesklip, Victoriabaai en Wildernis-strand.

https://www.wessa.org.za/wp-content/uploads/2024/10/List-of-sites-2024_25_TL_md.pdf