14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Arts & CultureEvents & EntertainmentNature & Nurture

BOEKRESENSIE

Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe deur Braam van Wyk en Piet van Wyk verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:

Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.

Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te identifiseer.

Ook beskikbaar in Engels as How to Identify Trees in Southern Africa.

https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/identifiseer-die-bome-van-suider-afrika-bygewerkte-uitgawe/9781775846802

Related posts

24ste George Ou Motor Skou ‘n groot sukses

Mimi Finestone

BABIES ABOUND

Sally Adam

THE SPOTTED EAGLE OWL

Peter Ginn

GET CREATIVE!

Cathy Fourie

Caterpillars, Wasps, Butterflies and Moths

Wendy Wiles

Pragtige vars gesnyde blomme

Nico Venter