HET JY GEWEET?
Blaasoppies (Puffer Fish) stel ‘n gifstof vry wanneer hulle opblaas, wat bedoel is om hul aanvaller te verdoof sodat hulle veilig kan ontsnap.
Ironies genoeg werk hierdie gifstof nie op dolfyne nie. Dolfyne voel net bedwelmd wanneer hulle met die blaasoppies se wapen in aanraking kom. Die karnallies blaas die blaasoppies aspris op en gee dit vir mekaar aan, net vir pret. Dolfyne weet duidelik hoe om ‘n wilde partytjie te hou! 😆
Net wilde blaasoppies produseer hierdie gifstof, aangesien dit uit hulle dieet kom. As jy blaasoppies aanhou op ‘n plaas, is hulle gladnie giftig nie.