ONDERWYS EN OPLEIDING : ‘n MYNVELD VAN AKRONIEME
Enigiemand wat in die opvoedkundige landskap in Suid Afrika belangstelling, sal saamstem dat daar ‘n menigte aspekte is wat dringende aandag moet geniet. Die Nasionale Kurrikulum-
verklaring Graad R –12 het betrekking op onderrig en leer in Suid Afrkaanse skole en word in drie dokumente vervat
Hierdie dokumente en die onderwyslandskap in die algemeen, is besaai met akronieme waarmee ‘n mens vertroud moet wees om enigsins die genoemde dokumente te kan lees en korrek te kan interpreteer.
Suid Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA)
Die Suid Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid is ‘n statutêre
liggaam wat deur wetgewing in 2008 tot stand gekom het. Hierdie organisasie hou toesig oor die instandhouding en uitbreiding van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk.
SAQA bedryf ‘n nasionale databasis wat alle kwalifikasies insluit. Enige kwalifikasie wat binne Suid Afrika, of in die buiteland verwerf is, sowel as watter leerder die kwalifikasie verwerf het, kan deur SAQA geverifeer word.
Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR of NQF)
Suid-Afrika se Nasionale Kwalifikasieraamwerk is soos ‘n kaart of gids wat leerders in staat stel om hul opvoedings- en opleidingspad uit te stippel. Alle kwalifikasies vanaf Graad 9 tot gevorderde tersiêre kwalifikasies word in 10 verskillende kategorieë of bande geklasifiseer.
Elke band verskaf in breë trekke ‘n aanduiding van die vaardighede wat die leerder tydens onderrig moet bemeester. Dit verseker dat ‘n werkgewer kan vasstel of ‘n voornemende werknemer voldoende opgelei en gekwalifiseer is vir ‘n spesifieke posvlak of werk.
UMALUSI
Hierdie organisasie se taak is om te verseker dat ongeag of die leerder die eksamen van die Departement van Basiese Opvoeding (DBO) of van die Onafhanklike eksamenraad (OER of IEB) of van SACAI skryf, die uitslae geldig en betroubaar is.
HIerdie drie organisasies oorsien die onderriglandskap in Suid Afrika as ‘n geheel.
‘n Mens kan net hoop dat met al die nodige strukture in plek, die onderwys en onderriglandskap getrou sal bly aan die volgende:
“Education is the most powerful weapon
which you can use to change the world.”
Nelson Mandela