Tamatiebredie met spekboom
8 porsies
8 groot tamaties, skil verwyder
6 wortels, in blokkies gesny
6 groot aartappels, in blokkies gesny
6 groot uie, gekap
3 selderystingels, in dun stukkies gesny
kookolie
2 kg stowebiefstuk, in dun skywe gesny
’n bietjie bruinbroodmeel
sap van 2 suurlemoene
3-5 eetlepels heuning
Skil en kap al die groente. Verhit genoeg olie om die bodem van ’n groot pot te bedek. Rol die vleis in die meel en verbruin in die warm olie – draai dit om en braai die ander kant. Voeg dan die uie by en verbruin.
Voeg al die ander bestanddele by en roer met ’n houtlepel. Sit die pot se deksel op en stel die hitte op laag. Kyk kort-kort en voeg ’n bietjie water by as dit te droog word.
Laat vir 45 minute prut. As die tamaties baie sappig is, verdik die sous net voordat jy dit opdien met 2 eetlepels Maizena, gemeng met ½ koppie water.
Plaas ’n takkie spekboom wat omtrent net so lank soos jou hand is, net voordat die kooktyd verby is bo-op die bredie. Bedek en laat nog 5 minute prut. Gooi die takkie weg voordat jy die gereg opdien. Sit voor saam met stywepap en geniet!
Resep vertaal uit Indigenous healing plants, Margaret Roberts, Southern Book Publishers deur Annlerie van Rooyen.