AUGUSTUS 2024 UITGAWE NOU BESKIKBAAR REG OOR TUINROETE
THE POST se gedrukte uitgawe vir Augustus 2024 is van vandag beskikbaar by ons gereelde verspreidingspunte.
Gepas vier ons voorbladfoto dié winter-sitrus- en vroue-maand met ’n verwysing na D.J. Opperman se gedig “My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur!”.
Dié Augustus 2024 uitgawe het onder meer interessante artikels oor die redes waaroor ons Vrouedag vier, die funksionering van deeltitelskemas, die invloed van ontwikkeling op ons erfnis, en oor internasionale “wikkel-jou-tone-dag”.
Daar is ook meer nuus oor vanjaar se Musefees en weer ’n heerlike blokkiesraaisel.