2024 Mosselbaai Eisteddfod

Die 2024 Mosselbaai Eisteddfod het op ’n lewendige noot afgeskop met die dansbeoordeling wat in Mei plaasgevind het.Daar was uitstekende en opwindende inskrywings met vele prestige-toekennings. Reëlings is in plek vir die ander kategorieë wat in Julie en Augustus beoordeel word.

 Visuele Kuns

Die kunsuitstalling word om 15:00 op Sondag 28 Julie geopen. Die tema vir hierdie jaar is Red ons Planeet / Natuurbewaring en daar word sterk gefokus op komposisie.

 Drama

Dramabeoordeling vind plaas vanaf 29 Julie tot 2 Augustus. Die spreekkore se beurt is op Maandag 29 Julie om 15:00 in Punt Hoërskool se saal.  Die res van die dramabeoordeling gebeur by die NG Moederkerk (Klipkerk) in Kerkstraat.

 Musiek

Vanaf 12 to 16 Augustus word die musiekbeoordeling gedoen.Kore word beoordeel op Maandag 12 Augustus om 15:00 in Punt Hoërskool se saal. Die res van die musiekbeoordeling vind plaas by die NG Moederkerk (Klipkerk) in Kerkstraat.

 PZAZZ Dans Extravaganza

PZAZZ, ’n professionele, energieke en lewendige kabaret wat die gehoor na hulle asems gaan laat snak, word beplan vir 17 Augustus by die Mosselbaai Stadsaal.

Toegang beloop R150. Besprekings is al oop, so maak gerus van die “early-bird special” van R130 gebruik!

 Eisteddfod Gala

Op Saterdag 24 Augustus vier ons die top Eisteddfod presteerders in die Mosselbaai Stadsaal.

Inligting oor al die kategorieë is op die Mossel Bay Eisteddfod Facebookblad beskikbaar. Programme en tye sal nader aan die tyd beskikbaar wees.

Navrae kan gerig word aan Abé Meintjes.

Sy selnommer is 083 268 3718.