APRIL 2024 UITGAWE NOU BESKIKBAAR REG OOR TUINROETE

THE POST word maandeliks ingewag deur getroue lesers en ondersteuners – soos duidelik spreek uit die staaltjie van iemand wat spesiaal haar inkopies en reis uit Danabaai na Mosselbaai beplan om die nuutste uitgawe elke maand betyds op te tel.

THE POST se gedrukte uitgawe vir April 2024 is van Dinsdag, 2 April, beskikbaar by ons gereelde verspreidingspunte.

Ons voorbladfoto dié maand word mooi gekomplementeer met Oscar Wilde se aanhaling “A flower blossoms for its own joy”. Dié foto is geneem deur Rick L en op Unsplash beskikbaar gestel.

Die April 2024 uitgawe het onder meer ’n interessante artikel oor Sutherland waar die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) gesetel is, ’n artikel oor kopers se “spyt-kom-te-laat” in die eiendomsmark, hoe om met grasie oud te word en inligting oor hoe om met natuurlike nektar in die tuin tuinvoëls te lok.