16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Children's well-beingCommunity & LivingEvents & EntertainmentExercises and physical activitiesTourism & Travel

GB WALK 2023

Familie, vriende en besighede kan uitsien na ’n opwindende GB Walk wat op 6 April om 17h00-19h00 plaasvind. Die nie-kompeterende byeenkoms kan gestap, gehop of gehardloop word, met of sonder jou haasore en stertjie aan.  

Inskrywings kan reeds gedoen word by Grootbrak Apteek – as jy een van die eerste 300 is wat inskryf, ontvang jy ’n geskenk. Anders kan jy op die dag vanaf 16h30 by die parkeerterrein agter die Groot-Brak Biblioteek inskryf. Almal sal kwalifiseer vir die gelukkige trekkings wat net voor die wegspring sal plaasvind. Elke deelnemer kry ook ’n 750 ml-bottel Aqua é Vida-water om seker te maak jy word nie dors langs die pad nie.

Vanjaar se GB Walk word vir die derde jaar aangebied en is moontlik gemaak deur Grootbrak Apteek, Cool Ideas, City & Suburbs Realty en Aqua é Vida. Die My Run-vrywilligers sal help met die inskrywings en verseker dat elke deelnemer veilig langs die roete kan stap.

Moenie hierdie plaaslike byeenkoms misloop nie – honde ook welkom, maar moet aan ’n leiband wees. Vir verdere navrae skakel Laurinda by 082 738 8011.

Related posts

IT’S SIMPLE – IF YOU ADVERTISE, YOU MAKE SALES

Business Tech: Partner

If you want remote, try out Nkasa Rupara National Park

Mariëlle Renssen

JUNIOR SOCCER WORLD CUP VIND PLAAS OP 24-30 JUNIE

Laurinda Smit

CAN YOU BE FIRED FOR A WHATSAPP MESSAGE?

Herman Swanepoel

LOVE AFFAIR WITH TURKEY

Gillian Dugmore

PASA now also active in Friemersheim

Willie Gericke