Jou lyf en die draai van die seisoen
Met elke nuwe seisoen verander jou gesondheids- en voedingsbehoeftes. Hier is 6 stappe om jou liggaam deur seisoenale veranderinge te ondersteun.
Gaan slaap op dieselfde tyd, elke aand
Prioritiseer slaap, en mik vir 7 tot 9 ure per nag. Ontspan ‘n uur voor slaaptyd deur jou foon af te sit, die TV af te skakel, ‘n warm bad te neem, te lees, of kamille- of rooibostee te drink.
Word dieselfde tyd wakker, elke oggend
Dit verbeter jou slaapkwaliteit, energievlakke, en produktiwiteit.
Drink water
Drink ten minste 6 tot 8 glase water per dag. Te min water kan lei tot hoofpyn, droë vel, duiseligheid, en gebrek aan konsentrasie. Meer aktiwiteit vereis meer water.
Eet seisoenale groente en vrugte
Wanneer jy seisoengebonde kosse eet, verseker jy dat jy genoegsame voedingstowwe inneem. Besoek plaaslike boeremarkte vir vars produkte en ‘n verskeidenheid kosse in jou dieet.
Oefen gereeld
Beweeg elke dag! Gereelde oefening verminder stres, angs en depressie, ondersteun gesonde gewig, bou spiere, bevorder beendigtheid, en verminder die risiko van kroniese siektes.
Reik uit
Spandeer tyd met familie en vriende of in die natuur. Verminder skermtyd en geniet sosiale aktiwiteite soos koffie saam met vriende of ‘n swem in die see.
Soos die seisoene verander, verander ons emosies en behoeftes. Maak tyd vir jou emosionele en fisiese gesondheid. Tyd en gesondheid is kosbare bates wat dikwels nie na waarde geskat word voordat dit te laat is nie.